Sunday, May 28, 2006

Sweet stuff

Kandy was eens die hoofstad van 'n Sinhalese koninkryk (die Sinhalas is die grootste bevolkingsgroep in Sri Lanka). Dit is heelwat jonger as die duisendjaar-oue koninkryke in die noorde van die eiland, waar ek more die antieke stede daar gaan besoek (een plek is in die 4de eeu na Christus gebou!). Kandy was egter op sy piek tussen 1253 en 1400. Dis ook 'n bergoord, heelwat koeler as aan die kus, en wemel van heilige plekke. Die Boeddha se tand word in 'n tempel hier gehou, en die belangrikste Boeddhistiese tempels in Sri Lanka is hier. Die omgewing is lower-, lowergroen met miswolke wat oor die berge hang - dis werklik mooi hier.


Pelgrims steek kerse aan net buite die plek waar die Boeddha se tand bewaar word. Die tand is glo uit die vlammer gered toe die Boeddha veras is (in 543 vC) en toe na Sri Lanka gebring. Nee, mens kan nie die tand sien nie, net 'n goue kas waar dit gehou word.


Die koninklike ontvangsaal by die tandtempel waar belangrike besoekers onthaal is.


Waterkruike onder 'n heilige boom in die temopelgronde. Die Boeddha het onder so 'n boom 'enlightenment' (Afrikaans seblief?) bereik, maar ek het nou vergeet watse soort boom dit is. Die pelgrims gooi die boom nat, dis seker hoekom dit so pragtig groei.


Die pelgrims met hul waterkruike.


Ek weet ek het al sulke foto's geplaas, maar dis altyd vir my mooi.


Die son sak oor die Kandy-meer, 'n mensgemaakte meer wat in 1807 deur een van die konings van Kandy geskep is.

6 comments:

lolla said...

Hoe sê 'n mens Kandy? Elke keer as ek dit lees, kan ek nie help om te dink "Kan dy hoor my deus is toe" nie. Ek dink dis 'n banyan boom.

Do Kwang said...

Wanneer hoor ons meer van Arthur C? Wat het toe daar gebeur?

rondloper said...

Kandy word uitgespreek soos candy (Engels vir sweets). En ek sal more-aand kan terugrapporteer of ek die Arthur C. Clarke ontmoeting gekry het, ek is dan terug in Colombo om te bel vir die afspraak. Dit kwel my egter dat ek mos nou intussen gehoor het hy hou van jong mans (ek is nog jonk).

maeree said...

het iemand al vir jou gesê jou blog is beeldskoon? so op 'n manier wat mens laat besef jy's deel van hierdie wonder-like organisme genaamd "aarde" en daar's baie van die wonders wat jou eie lewe mooier maak. if that makes sense.

rondloper said...

Dis die mooiste ding wat iemand nog ooit vir my gese^ het. Dankie. Ek raak sommerig tranerig.

rondloper said...

O. Hulle noem dit 'n bodhi-boom. Hier is 'n bodhi-boom wat glo gekweek is van dieselfde boom waaronder die Boeddha die lig gesien het. Is daar lig?