Monday, May 08, 2006

Die pienk stad


Op Ou Delhi se treinstasie vir my trein na Jaipur. Indiese treine is wonderlik en mens kan nie help om daaraan te dink as ietwat romanties nie (weet nie eintlik hoekom nie). Maar die stasie is 'n vuilspul. Ek gaan maar nie beskryf wat ek alles daar gesien het nie. Toe ek vanoggend in Jaipur aankom toe kom daar ook 'n ander trein aan met mense wat die hele trein (letterlik van voor tot agter) se dak vol sit.


In die Pienk Stad van Jaipur. Jaipur is die hoofstad van Rajastan, stomend warm, en word die Pienk Stad genoem omdat die ou gedeelte se geboue so pienk-rooierig geverf is. Dis gedoen vir die prins van Wallis se besoek in 1870 of so, en toe het dit vasgesteek. 'n Kameel-waentjie.


'n Bietjie skadu gee verligting teen die son. Die winkels in die stad is alles volgens goedere gerangskik, dus tekstiel in party strate, elektronika in ander, speserye in ander.


Een van die Moghul-geboue in Jaipur. (Daar is seker 'n Afrikaanse woord vir Moghul, ek weet nie wat dit is nie). Dis die Moslems wat die noorde van Indie geregeer het voor die Britte gekom het. Jaipur is meestal Moslem en lyk selfs anders as byvoorbeeld Delhi, die mense hier het meer Moslem-gelaatstrekke.


Die Hawa Mahal-paleis. Dis in 1799 gebou vir die maharaj se vroue. Hulle is toe (en in die platteland van Rajastan is dit nou nog die geval) nie toegelaat om op straat te verskyn nie. Toe bou hy die paleis met sulke klein venstertjies en skerms voor die vensters, sodat hulle daar van bo af na die straatlewe kan kyk.


'n Uitsig oor Jaipur se Pienk Stad van die dak van die paleis af.


En die straat daaronder. 'n Meesleurende mensemassa.

No comments: