Friday, May 12, 2006

Die bouwerk van engele


Rudyard Kipling het hierdie plek, die Meherangargh-fort in Jodhpur, beskryf as die werk van engele en reuse. Dis 'n pragtige plek, hoog bo teen die berg in die ou stad van Jodhpur. Die beste manier om daar te kom is om stadig deur die nou stegies van die ou stad boontoe te loop, en elke nou en dan kry jy 'n blik op die fort, maar dan as jy bo kom word jy gekonfronteer deur hierdie reusagtige struktuur maar met soveel fyn detail dis net ongelooflik.


Die koninklike paleis-gedeelte van die fort van onder af gesien. Die fort is in die 1500's gebou, en aanhoudend uitgebrei in daai tyd.


Die ingang na die oudste gedeelte van die fort.


Hierdie is die handafdrukke van Maharaj Man Singh se vroue. Toe hy in 1843 gesterf het, het hulle saam met hom op die lykswa by die hek hierbo uitgery, vir oulaas handafdrukke teen die muur gemaak, en hulle is toe lewendig saam met hom op ' brandstapel veras. Glo vrywilliglik.


Die vreeslike gedetailleerde klipwerk van nader gesien. Het ek al gese^ dis ongelooflik?


En so lyk een van die koninklike onthaalvertrekke binne. Die mure, pilare en dak is goud.

4 comments:

PienkZuit said...
This comment has been removed by a blog administrator.
PienkZuit said...

Nou dat jy van Kipling praat, Regter van der Merwe het sy uitspraak in die Zuma rape trail afgesluit deur te sê: as Kipling daar was sou hy dalk vir Zuma gesê het "If you can control your body and your sexual urges, then you're a man, my son."

Coffee Break said...

Jodhpur is een van my gusteling plekke in India. Die fort is by uitstek een van die bes bewaarde en ook bes bestuurde besienswaardighede in India!
Mal oor jou foto's!

Anonymous said...

As ek aan Indie dink, dan kom al die gewone goed by my op soos sari's, tiere, arm mense en oorbevolking. Ek het egter nooit besef dat die argitektuur en geboue so groots, verbeeldingryk en indrukwekkend is nie.