Tuesday, May 09, 2006

Die apies se tempel


Vandag was 'n wonderlike ondervinding. Ek het na 'n plek genaamd Galta, net so ses kilometer buite Jaipur, gegaan. Dis 'n heilige fontein (weer die vraag wat is heilig?), waar 'n klomp Hindoe-tempels om die heilige baddens gebou is. Dis heeltemal verlate weggesteek tussen die berge, en weg van alle tekens van beskawing. Dis 'n ongelooflike plek. Hierdie is een van die tempels.


Galta word ook die apietempel genoem, want daar is meer as vyfduisend apies. Hier sit een in die vensteropening.


Daar is twee heilige baddens. Hierdie is die onderste een met van die tempels daaronder. Hierdie bad word die hele jaar deur die apies geannekseer. Mens kan hulle sien sit op die kant van die bad. Die tempels is 250 jaar oud.


Dit is ek op die pad na die tempel van die parkeerterrein af. Mens kan sommer die hitte sien weerkaats van die pad af. Dis amper 46 grade.


En net voor jy deur die tempelhek gaan. Dis woestynwereld.


'n Hindoe-monnik in die tempelkompleks. Daar is baie van hulle, wat jou inwink by die tempeldeure en dan lei deur vervalle poorte, verby donker, verlate geboue, na weggesteekte shrines vir verskillende gode, waar hulle jou dan heilige lekkergoed aanbied of jou seen met heilige water.


Nog apies in die tempelkompleks.


Die boonste bad wat deur mense gebruik word. Vandag (en ek sou dink die hele somer lank) was dit meer soos 'n openbare swembad en afkoelplek teen die vreeslike hitte.

2 comments:

Anonymous said...

Dit lyk lekker daar, ek sal Willem opneem op sy aanbod, aangesien die maatskappy my nou mos dwing om talle dae verlof in te sit.
Moenie al jou geld spend nie, want ons gaan Zanzibar toe in November en Suid-Amerika toe vroeg volgende jaar.

rondloper said...

Moet net nie in Mei of Junie kom nie - jy gaan braai! Zanzibar klink goed, ons praat al lankal daaroor . . . En ek kan verniet vlieg, ek het al so baie Voyager-myle opgebou.