
Vanoggend in die vyfhonderdjaar-oue grafkelder van Sikandar Lodi in Delhi.

Hierdie brug is ook byna vyfhonderd jaar oud. Is in die Lodi-tuine naby Willem se huis, waar ek vanoggend rondgedwaal het.

'n Ouer foto, toe ek in Jaipur was.

Straattoneel in Jodhpur in Rajastan, een van my gunstelingplekke en waarheen ek beslis sal teruggaan. So tipies. En ek wens mens kon al die straatgeluide vasvang, dis meer oorweldigend as wat enige fliek of TV-program jou kan laat dink.

Dis 'n baie ironiese naam vir 'n winkel, want hierdie woorde is vir my soos skelwoorde, jy kan omtrent nerens loop nie of iemand skreeu dit vir jou.
No comments:
Post a Comment