Sunday, May 07, 2006

Laserliggies in Delhi


Willem het my gisteraand saamgenooi na 'n laserskouspel by die Ou Fort in Delhi (dis die plek se naam, ek weet hier is baie forte, maar hierdie een is die Ou Fort). Ons het na die tyd hier ietsie geeet en die groot vraag is of hierdie restaurant die rede vir Willem se olikheid was, wat veroorsaak het dat hy nie ons Taj Mahal-trippie kon meemaak nie.


Die Ou Fort, oftewel Purana Qila, is een van die 'ou stede' van Delhi. Dis gebou tussen 1541 en 1556. Dit word saans belig.


Maar dit lyk nie elke aand so nie. Hierdie was deel van die vertoning. Dit was regtig warm, dis nou die warmste dae in Delhi (ons praat van elke dag diep in die 40, gaan lees die stats op Willem se blog.) Maar hulle het ons die hele aand natgespuit met so 'n misreentjie en waaiers, en dit was regtig skouspelagtig.


Die vertoning was deel van die launch van Indie se eerste ambient-musiekmaatskappy, wat gaan spesialiseer in sulke soort musiek. En ons het elkeen 'n gratis CD gekry. Dit was bietjie soos Jean Michelle Jarre.

3 comments:

renklem said...

Maar Willem moet mos nou al gewoond wees aan die Indiese kookstyl en sy maag behoort al bestand te wees teen enige oorsake van olikheid. Of hoe dan nou?

rondloper said...

Ons het later begin dink dalk was dit nie Delhi Belly nie, maar eerder sonsteek. Willem wou nie soos ek 'n hoed dra nie!

rondloper said...

Dan is ek maar 'n moffie of 'n Europeer . . . Ek voel juis vandag bietjie olik met my hoed wat weg is, en ek nou maar met 'n keps moes regkom gister.