Saturday, May 06, 2006

'n Snikhete dag in Delhi


Dit was gister die warmste dag hierdie seisoen in Delhi - net-net onder 44 grade Celsius. Dis nogal warm. Ek en Willem het vandag die area rondom Connaught Place, die kommersiele hart van Delhi, en die regeringsgeboue verken. Hierdie is een van die administratiewe regeringsgeboue. 'n Prys vir die een wat die argitek kan identifiseer. Kyk die lekker karre, Ambassadors.


Soos ons daar rondloop, kom hierdie drie soldate toe nader, en wil net gesels. Krieket en SA en Delhi en hitte en glimlagte oral. En toe wil hulle afgeneem word ook.


Die Gate of India, ter herdenking van die Tweede Wereldoorlog. Jy moet jouself sterk hou hier, want almal wil die hele tyd jou foto neem, vir geld natuurlik.


En by die Gate of India kom die groepie toe na ons toe en vra of hulle afgeneem kan word saam met my en Willem, met hul kamera. Willem vertel dis glo 'n algemene ding in Indie. Hulle is Indiers, al lyk hulle nie so nie, van 'n oostelike staat wat grens aan Mjanmar.


By Connaught Place, wat die kommersiele hart van Delhi is.


Connaught Place is deur die Britte gebou en is nou 'n heerlike melankoliese herinnering aan die dae toe Indie die juweel van die Britse Ryk was.

4 comments:

Anonymous said...

Dis Herbert Baker. Ek het eers gedog dis Sir Christopher Wren omdat dit soos die St. paul's Cathedral in Londen lyk, maar na 'n bietjie soek op die internet het ek agtergekom dis Baker.

rondloper said...

Jy's reg, jy wen die prys! Dink jy nie dit lyk vreeslik baie soos die Uniegebou nie?

Anonymous said...

Wat is my prys? is dit die moeite werd? O en waar is my poskaart uit China? Of nee wag ek soek een uit Indie

rondloper said...

Ja, jou prys is die moeite werd. Dis 'n budget-kamer in Jodhpur vir een nag. Daar's heerlike koue water teen die hitte en al fresco-toiletgeriewe. Jy moet self hier kom. Jou poskaart uit China is gestuur!