Wednesday, May 10, 2006

In die voetspore van konings


So lyk 'n man wat so 'n paar uur lank te voet sightseeing gedoen het as die temperatuur 44 grade is. Ek hou 'n glas lime and soda vas, die ideale verfrissende drankie. Ek het selfs bier afgesweer nadat ek een dag een bier gedrink het en so vinnig gedehidreer het dat dit soos die slegste hangover ooit gevoel het.


Die stadspaleis in Jaipur se gastekamers vir besoekers. Die maharaj bly steeds in die paleis.


Een van die twee grootste silwervase in die wereld. Die ander een staan net oorkant hierdie een. Dit kan sowat 20 000 liter water hou, en Raja Sawaii Man Singh II het so 150 jaar gelede toe hy Engeland besoek het, hierdie vase met water uit die Ganges gevul en saamgevat, want hy het nie die Engelse water vertrou nie.


'n Skadukol in die stadspaleis se gronde.


Die buitekant van die Hawa Mahal-paleis waaroor ek eergister gepost het waar die vroue van die koninklike hof deur die klein venstertjies kon loer na die straatlewe.

No comments: