Wednesday, May 24, 2006

Konflik


Sr Lanka is op een vlak vir my 'n heeltemal nuwe belewenis. Ek was nog nooit midde-in 'n oorlogsone nie. Daar is blokkades oral waar jy gaan op straat, met swaar gewapende soldate wat jou op en af kyk, daar is honderde soldate met groot gewere oral, die lughawe was nog meer afgesper as wat die Wit Huis is, toe ons gister uit Delhi vertrek is die vlug met 'n uur vertraag weens 'Security Concerns'. Elke liewe passasier se bagasie is met die hand deursoek (nadat dit reeds deur al die gewone sekerheidskanale is), en ons is almal drie keer op en af bevoel deur wagte. Vir diegene wat nie weet nie, die skietstilstand hier tussen die regering en die Tamil Tiere is so twee weke gelede verbreek deur 'n bomaanval op 'n top-generaal waarin verskeie mense gesterf het. Sedertdien praat koerante van 'n 'lae intensiteit oorlog'. Maar die alledaagse lewe gaan voort.
Die BBC:
Europeans have a rather quaint tradition of telling everyone when they intend to go to war.
That's why so many of them are now asking the burning question: "Can the ceasefire in Sri Lanka survive the latest violence between the government and the Tamil Tiger rebels?"
But to ask the question is to miss the point.
The two sides in Sri Lanka are already having a war - they just haven't told anybody yet.
Volledige berig van BBC is hier.

No comments: