Wednesday, May 03, 2006

Jeugherberg-nagmerries


As iemand dalk 'n dwingende begeerte gehad het om eendag Slowakye toe te gaan, gaan kyk die fliek Hostel en dit sal jou waarskynlik oombliklik genees van daardie begeerte. Ek het dit gister hier in Singapoer gaan kyk (in een van die grootste rolprent-teaters waar ek nog was, daar's selfs 'n toilet binne-in die teater wat beteken jy hoef nie die fliek te mis as jy dringend 'n draai wil gaan loop nie). Dis sekerlik een van die grillerigste flieks wat ek nog ooit gesien het, ek is mos maar 'n softie as dit by grilflieks kom. Maar dit het my laat dink, die arme Slowakye sal seker nou 'n multimiljard-dollar bemarkingskema moet begin - ek weet dis net 'n fliek, maar ek wil nou nie soontoe gaan nie.

4 comments:

Do Kwang said...

Dis 'n briljante fliek daai, ek het dit al twee keer gaan kyk. Het jy gehou van waar hulle die een vrou se kleintoontjie met 'n tang crush?

maeree said...

'n Toilet in die teater? Het dit 'n venstertjie aan die voorkant?
Ek het ook nogal jammer gevoel vir arme Oos-Europa na diƩ fliek. Want watter gemiddelde fliekganger ken die verskil tussen Tjeg Republiek en Slowakye? (Nie ek nie.) Ek dink ek sal maar tydens my komende toer van Europa (nie Oos-Europa nie!) in 'n tent bly.

rondloper said...

Johannes, ek het ook gedink dis baie goed gedoen, die fliek, maar ek was seker bietjie oordrewe sensitief, ek het seker die helfte van die tyd my oe" toegeknyp. Die ergste vir my was waar die een man daai een Amerikaner se enkels afsny.

rondloper said...

Die toilet is aan die agterkant van die teater. Daar is net klank, geen beeld nie. Beter as niks!