Friday, May 12, 2006

Die kinders van Indie

Soos Willem voorspel het, oral waar mens gaan storm die kinders my en vra dat ek hul foto neem. Aangesien ek nou die foto's geneem het, plaas ek van hulle maar hier. Ek dink elke foto vertel nogal iets. Die outjie wat bo-op die dak sit, was nogal cute, hy't daar van heelbo af vir my geskreeu ek moet sy foto neem, maar toe ek dit neem, toe's hy heel skaam. En toe ek hom dit wys, toe draai hy heel om en hou sy kop onderstebo. Dis eintlik al wat hulle soek, hulle wil graag die fototjie sien op die kamera. Die foto's is almal in Jodhpur se ou stad geneem.



1 comment:

rondloper said...

Uhm, nee . . .