Monday, May 22, 2006

Lewe daarbuite


Ek vertrek Dinsdag na Sri Lanka, waar die wereldbekende Arthur C. Clarke ook woon. Hy woon in Colombo, in 'n voorstad met die naam Cinnamon Gardens. Hy hang uit by die Galle Face Hotel (of dan, besoek dit, hy is in 'n rolstoel). Ek gaan in die Galle Face Hotel bly. Miskien sien ek hom, dit sal nogal cool wees, dan sal ek hom 'n paar vrae vra oor lewe in die ruimte. Dis een ding wat hy hoop ontdek sal word voor sy dood. Lees intussen Willem se verhaal oor lewe in die ruimte.

1 comment:

Anonymous said...

Oppas vir die Tamil Tiere.
En eet asseblief houtappels. Dis blykbaar baie lekker, en ek ken niemand wat dit nog ooit geeet het nie.
Het dit op 'n show op TV gesien lank gelede.