Thursday, May 18, 2006

Een dag in Goa


Op die strand in Arambol, noorde van Goa. Lang, wit strand met byna geen mense.

Baie mense kom hierheen en gaan nooit weer terug nie. Hier is Hippie-gemeenskappe wat al sedert die 1960's in Goa woon, in die mees basiese strandhutte. Elke dag is dieselfde, daar is geen gejaag, geen werk (ek weet nie waar kry hulle geld nie). Dis ongelooflik aansteeklik. Ek is nog net drie dae hier, maar ek kan voel dat ek sommer lank hier sou kon bly, eendag . . . Vandag het ek op 'n scooter na 'n ander strand heel in die noorde van Goa gery, baie stil en afgelee, rondgehang, teruggekom na Anjuna, rondgehang, langs die swembad boek gelees, lekker Indiese kos geeet, wag nou vir sononder. Wat 'n vreugde.

No comments: