Tuesday, May 30, 2006

Koning se speelplek


Pollonaruwa was die hoofstad van die Sinhalese konings tussen die 1100's en 1200's. Die geboue daar is dus alles meer as agthonderd jaar oud. Hierdie is die koning se onthaalsaal.


Reg rondom die gebou is sulke afbeeldings van diere - olifante, apies en ander.


Hierdie was waar die partytjies gebeur het. Dis die prinse se badplek.


Dit was die koning se paleis. Daar't nie veel van oorgebly nie.


Die hele terrein wat mens kan besoek is baie groot, dis inderwaarheid 'n groot stad. Jy begin aan bouval-verveling lei, want dit hou net aan en aan, elke keer meer skouspelagtig as die vorige een. Hierdie is 'n tempel. Dis waar die Boeddha se tand bewaar is voordat dit na Kandy verskuif is.


Hierdie is net 'n gewone tempel.

2 comments:

Coffee Break said...

Daai water is darem 'n bietjie groen vir 'n swempartytjie!

rondloper said...

Dis omdat daar so lanklaas in geswem is dink ek.