Monday, June 26, 2006

Terug in Afrika


'n Dhow by Zanzbar. Ek was te hoog om dit te sien, maar die blou, blou see en die koraal was pragtig uit die lug uit.


Die Malawimeer het ek omtrent so uit die lug gesien.


En toe ook die Karibameer. Hierdie drie foto's is nie myne nie.

Ek is terug in Afrika - hierdie is sommer ook 'n aankondiging vir my vriende wat ek nog nie gebel het om te vertel nie. Ek is nou in die koue Johannesburg, gisteraand was dit 0 grade en vandag is dit so 14, ek vrek van die koue! Na maande en maande in temperature van ver oor die dertig kry my tengerige lyfie maklik koud. Ek het 'n wonderlike vlug terug gehad, was met Emirates wat ek reken die naasbeste lugdiens is wat ek ken. (Die beste is Singapore Airways.) Maar ek vlieg graag met Emirates, want ek verdien ook Voyager-myle by hulle, altyd 'n groot bonus. Dit was wel lank, eers van Bangkok na Dubai, amper sewe uur, toe ses uur wag vir die aansluiting en nog so net oor die nege uur na Johannesburg. Emirates is nou wel wonderlik, maar Dubai se lughawe is vir my erg onaangenaam. Die lugdiens is so groot met so baie aansluitings dat die lughawe te klein geraak het, ek het gesien hulle bou nou aan. Daar is net eenvoudig te veel mense, daar was nie eens plek om te sit nie. Baie het sommer op die vloer gesit of gele^. Ek ken gelukkig die koffiekroeg by die lughawehotel, waar daar heerlike, sagte sofas is en niemand kla as jy daar sit en slaap nie. En daar is dit stil, die ander passasiers kom nooit daar uit nie! Met die vlug terug, wat in die dag was, was die lug helderblou en ons het eers oor die Arabiese Skiereiland gevlieg, toe seelangs tot so net by Zanzibar, waar ons toe oorland verder is. Wat beteken ek het pragtige beelde gesien van Zanzibare, die Malawimeer en die Karibameer uit die lug. Wat 'n wonderlike terugverwelkoming in Afrika!

Saturday, June 24, 2006

Hoe ver is ver?


Ek speel gisteraand toe so vir die snaaksigheid op die internet met afstande tussen stede, ek wou kyk waar was die verste plek wat ek op my reis was. Dit was natuurlik Apia in Samoa. Presies 14375km van die Kaap af. Maar dis nog nie die verste wat 'n mens kan reis van SA af nie. Ek het in einste Samoa 'n Sweed ontmoet wat vertel het die rede waarom hy soontoe gegaan het, was omdat Samoa die verste plek van Swede is wat bestaan. Hy maak egter 'n fout, Samoa is net 100km verder van Swede as wat dit van die Kaap is. Die aarde se omtrek is net so oor die 40000km, dus moet jy net so oor die 20000km reis om regtig op die verste punt van jou blyplek te wees. Ek het hard gesoek, maar kon geen spesifieke plek kry wat so ver van SA is nie. Die verste is Honolulu in Hawaii, ek was dus goed op pad soontoe toe ek in Samoa was - Hawaii is nog vyf uur se vlieg daarvandaan. Honolulu is 18700km van die Kaap af. Dus, my raaiskoot is dat die verste plek van SA af waarskynlik in die see tussen Hawaii en die Amerikaanse kus is. Verskeie stede in Noord-Amerika is baie ver van SA af, so tussen 16000 en amper 18000 km, maar Honolulu bly die verste. Kan iemand help? Is daar 'n land waar mens presies 20000km en 'n bietjie van SA af is?

Thursday, June 22, 2006

Sirkels

Die sirkel is voltooi. Ek het die Asiatiese komponent van my reis in Bangkok begin, ek is weer terug hier vir twee dae voor my vlug huis toe. Dis gepas om die reis hier te begin en eindig, dit was verlede jaar een van die eerste plekke wat ek in Asie gesien het, en het, saam met Malesie en Singapoer, waarskynlik 'n rol gespeel in my besluit om vanjaar hierdie lang reis aan te pak. Ek het intussen my mening oor Bangkok heelwat verander.
Ek het nooit baie hiervan gehou nie, dit was vir my 'n nes van besoedeling en onderduimsheid. Maar ek het agtergekom dit is nie eintlik waaroor Bangkok gaan nie. Ek was so tien dae gelede hier onderweg na Phnom Penh, dit was toe pragtig. Die lug was helderblou en skoon. En die stad het toe sommer mooi gelyk. Vandag is die besoedeling terug, nie so erg soos laasjaar nie (daar hang letterlik so 'n bruin waas in die strate), maar dis hanteerbaar.
Ek sit met 'n kop vol soveel ondervindings, ek dink ek het so baie geleer hierdie laaste ses maande. Ek het op hierdie reis vertrek juis omdat ek iets gesoek het (mens soek tog seker altyd iets as jy gaan reis, indien nie dieper insigte nie minstens net nuwe dinge). Ek was in 'n situasie waar ek SA kon agterlaat en kon gaan verken op soek na iets wat ek graag wil doen. En miskien het ek dit gekry.
Ek het Asie regtig geniet. Miskien het dit na my kop toe gegaan dat mense my aanhoudend vra of ek Chinese bloed het! As ek R1 het vir elke keer wat daardie vraag gevra is, kon ek teen die tyd vir my 'n nuwe kar gekoop het! Maar daar's natuurlik werklike redes. Ek geniet die opwinding, die andersheid, die mense. Dalk waai dit oor.
Ek kom Sondag terug in Johannesburg. Aan die een kant is ek nogal opgewonde om terug te gaan, aan die ander kant weet ek voor my siel ek sal weer terugkom hierheen. Ek het al die inligting wat nodig is, en ek weet ek kan 'n gastehuis kom oopmaak in Kambodja. Ek droom behoorlik daarvan.
Die interessante ding sal wees wanneer ek terug is by die huis, of die planne gaan bly of gaan verdwyn. Gaan ek dalk so bekoor wees deur my eie land dat ek nie weer wil reis nie? Of gaan ek deursettingsvermoe he^ om hierdie nuwe uitdaging te kom aanpak? Nie dadelik nie, maar mettertyd.

Lyste en lyste!


Toneel in Beijing.

Die volgende paar weke kan my lesers hulle maar regmaak vir nostalgiese herinnerings en lyste. En allerhande foto's wat nog nie voorheen gepubliseer is nie (wanneer ek by die huis my eie rekenaar kan gebruik om al die duisende foto's wat ek geneem het rustig oop te maak en te bestudeer). Maar vandag begin ek met my eerste twee lyste, my gunsteling vyf groot stede in die wereld, en die vyf swakste lugdienste in die wereld waarmee ek al gevlieg het. Die volgende aflewerings sal lyste van die vyf beste klein dorpe ter wereld wees, en die vyf dinge wat ek reken mens moet sien of doen voordat jy doodgaan.
My vyf beste stede ter wereld (maar oor 'n maand verander ek dalk my mening). Ek het gewik en geweeg of ek Kaapstad moet insluit, dis die voor-die-handliggende eerste keuse, maar omdat ek daar woon, sluit ek dit nie in nie. Daar is net een plek soos die Kaap, al het hy, soos elke plek, sy foute.
Dus:
1. Kuala Lumpur.
Geen verrassing hier nie. Ek het voorheen al wyd geblog oor die rede hiervoor, maar in kort dink ek KL is een van die vriendelikste, lewendigste stede waar ek al was, en dit het al die opwinding van die sogenaamde 'Derde Wereld' maar met al die sofistikasie van die 'n moderne wereldstad. En dis boonop goedkoop ook.
2. Lhasa, Tibet.
Dis eenvoudig 'n magiese plek wat mens nie regtig in woorde kan beskryf nie. Die reuke in die lug, die baie, baie dun atmosfeer wat kleure vreeslik intens laat vertoon, die duisende pelgrims wat voortdurende deur die strate stroom, die dreunsang van die monnikke saans, die son wat oor die Himalajas sak, stadig, stadig sodat dit voel asof skemer baie lank duur. Wonderlik!
3. Jerusalem.
Baie dieselfde redes geld hier as vir Lhasa. Dis 'n wonderlike mistieke plek, seker logies, dis die middelpunt van soveel gelowe. Dis meer toeganklik vir my, omdat ek myself meer met die Westerse geloofstradisie kan vereenselwig. En Jerusalem is natuurlik ook doodeenvoudig pragtig. Die Ou Stad met al sy wonderlike inkopiestrate, en as jy iewers op 'n hoe" plek kan staan om te kyk hoe die son oor die Ou Stad se kleurryke dakke sak - nader aan die hemel kom mens nie.
4. Beijing.
'n Groot, groot stad met soveel mense en dinge, aanvanklik was dit vir my oorweldigend. Maar dis 'n ongelooflike statige plek, die vreeslike bree strate, deftige geboue, ouwereldse moltreine en moltreinstasies, en natuurlik die ongelooflike ou geskiedenis met antieke Chinese kultuur letterlik oral om jou, maak dit 'n besonderse plek. En dan so 'n sweempie sosialistiese vrees-inboesemings-argitektuur met Tiananmen wat so groot is jy kan jou dit nie indink voordat jy dit sien nie.
5. Buenos Aires.
Dis 'n stad wat dikwels die Parys van die suide genoem word, ek was nog nooit in Parys nie en kan dus nie vergelyk nie, maar dis ook een van daai plekke waar mense die lewe geniet. Hulle het hul stad doelbewus geskep om soos Parys te lyk, en dit toe vol Latynse energie geblaas. Baie warmbloedige plek.
En dan 'n stad wat net-net uitval: Macau.
Macau was 'n groot verrassing. Soos ek verwag het, was dit 'n heerlike mengsel van Portugese en Chinese invloede, maar ook met 'n lekker seedy Las Vegas-gevoel, allerhande blink, flitsende casino's. Die plek is vol heuwels, wat beteken saans as die liggies begin aankom, is dit 'n skouspel om te sien. En as jy in die strate ronddrentel, verby allerhande wonderlike winkels wat Portugese gebak, Chinese antieke ware, gedroogde vis, ontwerpersklere, alles, verkoop, en elke nou en dan doem nog 'n Portugese katedraal wat honderde jare oud is, voor jou op, dan is dit sommer 'n lekker plek. Of aandete op Coloane-eiland, by Fernando's, dis 'n instelling soos high tea in die Mount Nelson.

Nou, die vyf swakste lugdienste waarmee ek al gevlieg het:
1. Air New Zealand.
Daar is geen twyfel hieroor nie, hulle probeer so hard geld bespaar dat die vlug doodeenvoudig onaangenaam is. Op binnelandse vlugte, selfs al is dit byna twee uur lank, kry jy 'n koppie water (een van daai plastiekkoppies met 'n dekseltjie) en 'n pakkie met twee klein koekies. Op my vlug na Samoa (vier uur) het ek ook water gekry, darem die opsie van ander drankies, behalwe dat die vlugkelners almal iewers weggekruip het, en 'n 'soggy' toebroodjie.
2. LAB (Lineas Areas de Bolivia).
Weet nie of hulle meer bestaan nie, dit was baie jare gelede. Ek het gedog ek sterf. Die vlug van La Paz na Tarija in die suide van Bolivie, was op 'n stokou Boeing 707, doodverlep aan die binnekant. Met opstyg het al die passasiers om my die kruissimbool gemaak, toe begin die vliegtuig so wild skud en kraak dat al die suurstofmaksers uitval. Die lugwaardinne het heelwat later doelloos verby gedrentel en die maskers probeer terugdruk in die dak in. En toe het al die passasiers weer die kruissimbool gemaak.
3. Air Zimbabwe.
Al 'n paar keer met hulle gevlieg. Die vliegtuie is nie te sleg nie, maar wat my een keer onkant gevang het, was op 'n vlug van Harare na Masvingo, op 'n Cessna, toe die Air Zimbabwe-personeel op Harare-lughawe nie die vliegtuig kon kry nie. Ons het almal op die aanloopbaan gestaan (met ons bagasie, moes dit self na die vliegtuig dra), terwyl twee beamptes verward rondgehardloop het. Totdat hulle ontdek die klein Cessna staan weggesteek agter 'n groot Boeing. En almal weet deesdae het hulle nie geld om hul vliegtuie te versien nie.
4. Spicejet (Indiese laekoste-lugdiens).
Sardyntjie-blik. En dalk nie die lugdiens se skuld nie, maar die medepassasiers is onbeskof, probeer my sitplek steel (by die venster) met die lugwaardin wat anderkant toe kyk, en dis eenvoudig chaos om jou bagasie te laat inweeg.
5. Air China.
Dit was nou sardyntjie-blik uitgeknip. Dis al. Ek het nog nooit so styf ingeryg gesit nie. Met spoegende passasiers om my (gelukkig spoeg hulle darem in hul servette).

Soveel bly oor


Hierdie reis is klaar, ek kom Sondag in Johannesburg aan, so dis gepas om nou 'n kaart te plaas van die lande waar ek tot dusver was - 42 lande. Dis 17% van al die lande. Daar bly dus nog 83% oor om te sien. Ek tel nie Hongkong en Macau nie, hoewel hulle eintlik aparte gebiede is met hul eie geldeenheid en eie grense (die grens tussen China en Hongkong lyk nog kompleet soos die ystergordyn van ouds), maar ek tel wel Tibet, wat ek as 'n besette, maar aparte land beskou. Die kaart gee ook nie die opsie om St Helena in te sluit nie, ek dink nie die Amerikaanse skeppers van die kaart weet eens waar dit is nie.

Wednesday, June 21, 2006

Lekker kuier


Hier's nog 'n paar prentjies van Chiangmai. In dieselfde omgewing waar Thailand se hoogste berg is (sien die onderste post) is ook hierdie waterval. Ek het op 'n vorige keer hier onder so 'n waterval gesit vir 'n lekker watermassering op my rug.


Gisteraand was ek saam met 'n paar vriende na 'n partytjie in 'n klein dorpie buite Chiangmai. Ons het sommer so op die vloer gesit en kuier, en almal saam uit dieselfde bakke kos, met dieselfde eetgerei, geeet. Soms moet mens maar gewoond raak aan ander maniere van doen. Die kos was onder meer gebraaide padda, rou dierebinnegoed (ek weet nie watse dier dit was nie), half-uitgebroeide eiers en ander dinge. Gelukkig eet ek nie vleis nie en respekteer die Thais mens se eetvoorkeure. Hier is meer as een transvestiet op die foto. Dis immers Thailand.

Monday, June 19, 2006

In die wolke


Ek is weer terug in Thailand, die laaste paar dae van my reis gaan ek in Chiangmai deurbring, en dan twee dae in Bangkok voor die vlug huis toe. Chiangmai het my hart gesteel, en as ek nie 'n besigheid in Kambodja kan begin nie, sal ek dit hier kom doen. Maar Thailand is te duur vir sake. Maar Chiangmai is wonderlik, omdat dit koeler is as omtrent oral in Suidoos-Asie, en dis net die plek om die laaste paar dae te kom rus. Vakansie en nie reis nie. Hierdie is op die hoogste berg in Thailand, 2500m hoog.


Dit is my vriend Yaya en ek op die hoogste plek in Thailand.


Dis 'n sprokieswereld van mis, mos en varings.

Indochine


Dit lyk so al asof Catherine Deneuve met 'n groot wit sambreel by een van hierdie huise moet uitloop en 'n riksja naderroep. In Phnom Penh.


En dis 'n soortgelyke toneel in Siem Reap. Met 'n reenboog. Indochine is die regte plek vir my.


By een van my onderste posts is 'n foto van die steil trappe by Angkor Wat, maar hierdie foto gee 'n duideliker beeld, dis van bo af geneem.

Friday, June 16, 2006

Skryf sal ons


Hierdie is die Amerikaanse skrywer Marshall Moore en ek in Angkor Wat. Ek het hom in Phnom Penh ontmoet, en ons reis loop min of meer saam. Hy het al 'n hele paar boeke gepubliseer, net die regte inspirasie wat ek nodig het vir wanneer ek terug is by die huis om dieselfde te laat gebeur. Sy webwerf is hier. Sy boeke is ook in SA te koop.

Wonders van die wereld: deel 7


Die Angkor Wat-kompleks by Siem Reap. Ongetwyfeld die mees skouspelagtige antieke tempelkompleks ter wereld. Bouwerk het in die jaar 800 begin.


Daai drie torings op die boonste foto - mens kan teen hulle opklim met hierdie trappe. Baie, baie meer steil as wat dit op die foto voorkom!


Ek het net 'n rukkie in die skadu gesit en hierna gekyk.


In een van die lekker koel gange wat reg om Angkor Wat loop.


Die hele Angkor-kompleks is so groot soos die District of Columbia, reken Marshall, dis wyd-uitgestrek met baie geboue. Hierdie is 'n ander tempelkompleks, Bayon.

Ietwat vreemd


Siem Reap is die naaste dorpie aan Angkor Wat, een van die wonders van die wereld. Maar hier is ook 'n eienaardige museum-kompleks, die Cambodia Cultural Village, met hierdie wasbeelde. Die eerste groep is hierdie een, met die titel 'Happiness Family.'


Dan volg hierdie man, met die titel '1960's Pop Star.' Dan is daar 'n '1990's Pop Star' (natuurlik niks van die jare sewentig met die Khmer Rouge nie, maar ook niks van die jare tagtig nie).


Dan, die laaste beelde in die reeks, is hierdie: 'Untac Soldier' (met prostituut). Kambodjane staan voor die beeld en neem foto's van mekaar, die soldaat en die Kambodjaanse prostituut. (Untac is die VN-vredesmag).

Thursday, June 15, 2006

The Killing Fields


Net buite Phnom Penh is een van die Khmer Rouge se vele Killing Fields oor Kambodja. Dis omskep in 'n museum. Basies het hulle die plek min of meer gelos soos dit was toe die Vietnamese die Khmer Rouge in 1979 uitgeskop het. Daar is 'n stupa met skedels van die slagoffers, en hul klere.


Gevangenes is aan hierdie kettings vasgebind voordat hulle tereggestel is. Ek het nou die aand weer the Killing Fields gekyk, aangrypend fliek oor 'n mensemoord waarvan mens soms vergeet, soos Rwanda. DVD-winkels hier verkoop almal Hotel Rwanda.


Dit is die gedenk-stupa. Die skedels is van bo tot onder gepak. Tot drie miljoen mense is vermoor. Kambodja het nou 13 miljoen mense. Ek was saam met 'n Kambodjaan hier, en ons het die plek in volslae stilte verlaat.


Slagoffers se klere word nou nog deur wind en weer oopgegrawe en bly dan net daar, asn herinnering.


Hierdie prentjie is net te vreemd vir woorde. Daar is mensbene op die regterkant op 'n boomstomp gepak.

Jou geldsake


Enigiemand wat belangstel om volgende jaar saam met my 'n besigheid in Kambodja te begin? Dit gaan die nuwe Thailand wees. Ek geniet hierdie plek nogal baie. Hier is dinge wat jou aan die hart ruk, soos die Killing Fields (meer daaroor later), maar hier is 'n optimisme wat skrik vir niks.
Dit vat net so 'n paar minute om gewoond te raak aan die geldeenheid. Hulle gebruik die dollar en die riel gesamentlik. Een dollar is gelyk aan vierduisend riel. Met die vreemde gevolg dat jy byvoorbeeld $2 vir 'n ete met 'n $10-noot betaal, en dan kleingeld van drie $1-dollar-note en 20000 riel ontvang, in allerhande klein kombinasies. Eerste keer het dit my kwaai verwar.
Ek sukkel om my foto's gelaai te kry, ek sal later vandag weer probeer. Het hartroerende foto's van een van die Killing Fields buite Phnom Penh.
'n Eienaardigheid in Kambodja is dat hier bykans nie iets soos 'n wettige mark bestaan nie, omtrent alles is fake en oop en bloot. Ek het nog geen DVD-winkel of CD-winkel gekry met originals nie, en hier is selfs 'n plek, die Boom Boom Room, waar jy vir $1 per album enige musiek op jou ipod opf mp3-speler kan laai.
En een aand het die moto-bestuurder nie geweet waar my gastehuis is nie, toe vra ek hy moet my na die Boom Boom Room neem (dis byna langs my gastehuis en redelik bekend.) Sy antwoord was, 'You want lady, you want man?' Dis ook Kambodja.

Monday, June 12, 2006

Optimistiese land


Aan die waterfront in Phnom Penh, langs die Tonle-rivier. Vier riviere kom hier byeen, onder meer die Mekong en nog twee ander. Daar is oral heerlike restaurantjies langs die waterfront en sommige van die geboue uit die Franse tyd staan nog en is gerestoureer.


Aan die oorkant van die pad staan, le^ of sit die plaaslike inwoners - half doelloos en half armlastig. Soos te wagte, na die Killing Fields-tydperk, is hier heelparty weeskinders en landmynslagoffers. Maar selfs te midde van die armoede is die mense baie vriendelik.


Naby my gastehuis het hierdie enetjie vir my geloer.


'n Deel van die koninklike paleis, wat ook naby die waterfront is.

Kambodja

Ek het vanoggend vroeg (agtuur die oggend, wat beteken ek moes al vieruur in Bangkok opstaan om reg te maak en betyds by die lughawe te wees!) in Pnomh Penh aangekom. Die geur van jasmyn hang in die lug, Franse koloniale villas staan langs bree" boulevards met bougainvilla-bome, straatverkopers hang ledig in hul hangmate terwyl hulle varsgebakte Franse brode uitstal - asemrowende plek! Elke mens wat jy raakloop op straat groet vriendelik. Ek het die afgelope paar maande baie mense ontmoet wat vertel het Kambodja was een van hul gunstelingplekke, en ek kan sien hoekom. As mens net dink watse verskriklike dinge die meeste Kambodjane redelik onlangs gesien het, dan is dit verstommend dat hier soveel welwillendheid op straat is. Ek laai hopelik later vandag foto's, maar intussen hierdie artikel oor Phnom Penh wat ek so 'n paar dae gelede in Chiangmai gelees het. Die interessantste daarvan is dat dit eintlik gaan oor die halfkaal polisiemanne, nie die feit dat die gastehuiseienaars gevaarlike wapens soos 'n AK47 besit nie.
Phnom Penh - Bursts of gunfire between two guest houses brought alarmed local police running so fast that they arrived wearing nothing but their boxer shorts, red-faced police admitted in local media Wednesday.
The dispute turned out to be between two guest house managers after one allegedly became angry that another had thrown an empty bottle of water onto his property.
"It seems one guy pulled out a K-59 handgun and fired in the air to show he was strong, so the other went inside and found his AK-47 (assault rifle), which he fired too," said Noung Vanndy, police chief for Boeung Rang commune in the centre of the capital.
The incident occurred Monday night. No arrests have been made and investigations were ongoing, Vanndy said, although both guest houses, which cater mainly to local Cambodians, had been temporarily closed.
Local Khmer-language daily newspaper Rasmei Kampuchea said the volleys of shots so alarmed local police that they responded immediately and arrived at the scene dressed only in their underwear.
An embarrassed Vanndy declined comment on that Wednesday, saying only that police had arrived at the scene without delay. - (dpa)

Saturday, June 10, 2006

Chiangmai


Chiangmai en omgewing is 'n wonderlike plek. Almal weet ek's nie 'n te groot fan van Bangkok nie, maar Chiangmai, Thailand se tweede stad, is heerlik. Hierdie is in 'n tradisionele Hmong-dorpie buite die stad. Ons het te voet deur oerwoude soontoe geloop.


En later die dag met olifante deur die bosse gery. Dit was vet pret, veral aangesien, Taka, die Jappanees langs my, aanhoudend van die sitplek afgegly het en ek kon redder speel. Maar dis nogal moeilik om jou sit te kry. En ons het deurgeloop onder 'n modderbad. Hierdie foto is voor die modderbad.


Dit was die toneel vanaf die tradisionele dorpie.


Hierdie is op pad soontoe. Dit was regtig nogal 'n stewige staptog. Oor modderige paadjies. Ons het die dag afgesluit met 'n swem onder 'n waterval en toe met bamboesvlotte op 'n rivier gevaar, maar daarvan het ek nie foto's nie, want my battery was pap en dit was in elk geval nat.


In Chiangmai het twee Thaise ouens wat ek die vorige aand ontmoet het, my die vorige dag, toe ek nie in die bosse rondgeflenter het nie, op 'n toer van die stad en omgewing geneem. Ons was by 'n tempel hoog teen die berge, en by 'n pragtige meer net buite die stad. Hierdie kwartel-eiers was deel van middagete. My Thaise gashere het gese^ dis tradisionele Viagra.


Dis Ya, een van die gashere, en ek in die tempel besig om my geluk te toets. Of te soek?



Langs die meer is sulke hutte gebou waar jy sommer op die grond sit en heerlik eet. Dis ek en Ya en Ma. Dis 'n baie lekker plek, hierdie meer.

Net vir mans


Tros - Hi Protection. The Ideal Deo Spray for Men. (Te koop in Thailand).


En terwyl ons van brands praat - selfs in 'n afgelee Hmong-dorpie in die berge buite Chiangmai, meer as 'n uur se moeilike stap deur die oerwoud, word jy begroet hierdeur.

Friday, June 09, 2006

Klarifikasie


Dis een van my argieffoto's van KL. Naby Bukit Bintang, die naglewestraat, met een van die Twee Torings agter en heerlik common neonbeligte bome.

Na aanleiding van 'n vraag deur maksideem oor die rede waarom ek so baie van Kuala Lumpur (KL) hou, plaas ek hier bietjie meer klarifikasie. Ook omdat die hele ganse internet-straat in Chiangmai, al vyf internetwinkels, my nie toelaat om vars foto's op te laai van Thailand nie en ek dus nie in hierdie stadium enigiets kan wys oor my wonderlike tyd hier nie. Dit kom nog die naweek. Vandag byvoorbeeld op bamboesvlotte in die rivier afgedryf en op olifante gery . . .
Maar kom ons skryf oor die verlede en oor KL: Dis geheel en al 'n persoonlike kwessie, en dis bloot hipoteties 'n stad waar ek baie lekker sou kon bly as ek die keuse kry. Ek dink party plekke in die wereld werk net vir party mense. Jy voel om een of ander rede baie gemaklik en baie tuis daar, al weet jy nie regtig wat die rede is nie. Vir my gaan dit oor 'n paar dinge in KL. Dis 'n heerlike mengsel van kulture, iets wat die stad 'n wonderlike atmosfeer gee. Dit is nie heeltemal so 'steriel' soos Singapoer of Switserland nie, maar ook nie heeltemal in die afgrond in soos party plekke in Indie of Midde-Afrika nie. Ek hou van 'n bietjie eksotika, dis hoekom Europa of Nieu-Seeland nie vir my werk nie, maar daar moet darem ook tekens van 'n werkende stad wees. KL bied my meer as SA in die opsig dat dit veel meer van 'n wereldstad is - die Borders-boekwinkel daar is die grootste ter wereld. En musiekwinkels, klerewinkels, elektronika, alles is beskikbaar en soveel goedkoper as tuis. Maar die stad is vir my mooi ook, die Twin Towers is na my mening die grootste argitektoniese meesterstuk ter wereld. En die stad is vriendelik. Selfs die smouse in Chinatown lag net as jy verbyloop en se^ jy stel nie belang nie. Anders as die kwalik bedekte aggressie wat ek in ander plekke beleef het. En dan, 'n hoogtepunt in KL, as jy saans wanneer die son sak saam met goeie vriende by een van die straatrestaurante gaan sit en eet, en borde en borde heerlike kos word aangedra terwyl die aandluggie ietwat koeler raak - dis vir my net onbeskryflik heerlik. Met die Twee Torings wat in die verte begin blink. Ja, daar is ander meer opwindende plekke, maar vir my persoonlik, alles in ag genome wat ek nodig het in 'n stad, werk KL baie goed.

Thursday, June 08, 2006

Persepsies

Ek is nou wel twee dae laat hiermee, maar wil dit tog wys. Toe ek gister van KL na Chiangmai gevlieg het, het ek hierdie berig in die koerant (The Star) gesien. In SA en ander plekke is die 6/6/06-datum deur sommige met vrees ingewag, in Maleisie se Chinese gemeenskap was dit 'n dag vol vreugde en net die regte dag om te trou.

Tying the knot on a day of triple luck
PETALING JAYA: Scores of couples throughout the nation chose to get hitched yesterday, thanks to the auspicious date 06.06.06.
Many chose the date in the belief that the day signified “triple luck.” Luck is very close to the Hokkien word for six.
In Klang, when 24-year-old Gan Boon Kiat decided to tie the knot with her beau Lim Wei Han, she asked her brother Chiau Hen to be her witness at the marriage registration ceremony.
When Chiau Hen learnt that his sister and her boyfriend were getting married in a mass wedding ceremony at the Klang Hokkien Association (KHA) on June 6, he decided to follow suit.
Boon Kiat and Chiau Hen became each other’s witness in the mass wedding in which a total of 108 couples took part.
Chiau Hen, a health food distributor, said getting married yesterday was good, as the Chinese regarded the number six as auspicious.
Boon Kiat and graphic designer Lim, 31, who are neighbours, have been dating for over eight years, while Chiau Hen and Chan have been an item for five years.
KHA president Lee Yuh Shoo said mass marriages arranged by his association were always a hit with the Chinese community in Klang.
He added that this was partly due to the success of the KHA Cupid Club’s speed-dating event, which is held on the fourth Sunday of every month.
In Johor Baru, accounts clerk Tan See Wei tied the knot with her beau on the same date she first met him five years ago.
Coincidently, it is also her birthday.
Her husband, Pahang-born Ang Sin Hwa, 32, hopes that their first child would also be born on the same date.
Tan and Ang was one of the 66 couples who tied the knot in a mass wedding organised by the Johor Baru Tiong Hua Federation yesterday.
In Penang, Jeremy Justin Ch’ng and Rina Ooi registered their marriage and spiced it up with a late night outing to watch the horror flick Omen.
The movie trailer highlighting the film’s release date of 06.06.06 only added more significance to the avid cinema-going couple who fell in love at first sight six years ago.
“To the Chinese, especially the Hokkien, 666 is pronounced as luck, luck, luck, which is triple the good luck,” said Ch’ng, 28, a project co-ordinator who was aware that the number was regarded unfavourably in the West as the number of the anti-Christ.
“But we are Buddhists and we are not superstitious about this,” added Ooi, 26, a graphic designer.
They were among 66 couples who registered their marriage yesterday at the Che Hoon Khor Moral Uplifting Society here.
Registrar of marriages Tan Siu Lian said registration was normally conducted only on weekends at the society but yesterday was an exception due to overwhelming requests.
“A total of 74 couples wanted to register their marriage but we limited the number to only 66 couples in keeping with the auspicious number,” she said.

Wednesday, June 07, 2006

Thailand is geel


Dit is vandeesweek of vroeg volgende week die 60ste herdenking van koning Bhumibol van Thailand se bestyging van die troon. Daar word groot feesvierings beplan. Seker met rede, want Thailand se politiek was die afgelope paar maande 'n chaos.


Die kleur van die koning se verjaardag is geel. Mense dra geel (om my waar ek in die internetkafee sit byvoorbeeld, en oral op straat), en allerhande beelde, soos hierdie drie krygers, word met geel versier. Dis in Chiangmai.


Maar niemand het nog vir hierdie vrou wat haar kind borsvoed 'n geel jassie aangetrek nie.


En jy kan nie ver loop in Thailand nie of jy strompel by 'n tempel in nie. Die een is nogal uniek, die hele tempel is van kiaathout en is 'n paar honderd jaar oud. Dis by een van die sydeure.


Wees elektrisiteitswys - altyd, en red 'n lewe.

Tuesday, June 06, 2006

Daar en hier


Daar is 'n interessante gesprek aan die gang op Maeree en Pienkzuit oor teruggaan na SA nadat jy lank in die buiteland was. Ek was nie eens so lank weg nie, wanneer ek einde vandeesmaand terugkeer sal dit maar ses maande wees. Ek gaan nie nou hier 'n lang relaas skryf nie, maar soos Maeree het ek die laaste paar dae baie gedink oor teruggaan. Ek het geen twyfel in my kop dat SA is waar ek tuishoort nie, maar my reis was op sommige vlakke so intens, dit was ses maande van regtig nie dink aan enigiets anders behalwe nuwe plekke, mense en dinge nie. Daar was plekke wat my besonder sterk geraak het (Tibet, Sri Lanka en Kuala Lumpur veral, elk om verskillende redes). Ek is nou vir oulaas in Kuala Lumpur, more-oggend baie vroeg vertrek ek na Thailand en dan Kambodja. Vandag was ek besonder melankolies oor KL. Ek het die afgelope maande 'n paar keer hier deurgereis, elke keer voel ek my meer en meer tuis, en vandag was een groot geskarrel om vir oulaas bietjie te shop en afskeid te neem. Dit voel soos 'n plek waar ek sou kon bly, met alles wat ek in SA het, en veel meer. Nou is dit ook verby, vir eers. Miskien, miskien volgende jaar Augustus kom ek hier swot. Sal kyk wat gebeur met my planne in SA, maar ek weet nou my hart is in twee gedeel - tussen hier en daar. Maeree en Pienkzuit vra nogal vrae oor wat jy gaan beteken vir SA wanneer jy terug is. Ek dink dis baie mooi om so te dink, maar ek weet nie of mens regtig so edel is dat jy teruggaan om iets vir die land te beteken nie. Jy doen wat vir jou werk, wat dit ookal mag wees. Ek voel op die oomblik dat dit nie saak maak waar ek is nie, jy beteken in elk geval iets vir mense, ons is mos sosiale diere en kom oral in aanraking met mense, daar is nie regtig 'n dwingende rede hoekom dit in SA moet wees nie. Maar tog gaan ek terug, dis waar ek hoort, vir nou.

Saturday, June 03, 2006

Tot u diens


In my swart kelnersuniform. Ek dink swart pas my nogal. Die ander kelnerinne en kelners het ook so gedink.


Ek is gisteraand deur my vriend Ben hier in Singapoer gevra om vir die aand uit te help as kelner in die restaurant wat hy bestuur. 'n Vreeslike stylvolle plek moet ek byvoeg. Wat 'n prettige aandjie was dit toe nie, ek is mos gewoond daaraan om mense in my gastehuis te bedien (maar dit was nooit meer as tien mense nie), gisteraand was heel 'n ander storie! En interessant om te sien watse afgryslike snobs sekere mense kan wees net omdat hulle dink hulle het geld. Hier is die restaurant se webwerf, gaan kyk gerus. Ook interessant om te sien hoe later dit raak hoe meer drink die restauranteienaar, 'n Aussie wat aan die begin van die aand heel senuweeagtig was en net al vroliker geraak het. Hy't sommer so uit die gaste se glase gedrink wanneer ek dit terugdra na die kombuis.