Sunday, May 07, 2006

Prinse en konings

Die Taj Mahal is seker een van die bekendste gesigte in die wereld. Vandag was nou my kans om dit te besoek. Ongelukkig is Willem platgetrek deur 'n aanval van Delhi Belly en kon hy nie soos beplan saamkom nie, dus kan ek nie hier die beloofde foto van my en hom voor die Taj Mahal plaas nie. Die meeste mense glo die Taj Mahal is 'n ode aan die liefde deur die Mughal-keiser Mumtaz Mahal wat in 1631 gesterf het. Hy het dit laat bou vir sy derde vrou en na bewering was hy daarna selibaat en het hy daagliks gesmag na die vrou, vir wie hy hierdie grafkelder gebou het. Maar party van ons weet van beter. Nie ek nie, maar ek het al genoeg artikels gelees om te aanvaar dat dit waarskynlik nie waar is nie. Hy het glo 'n hele harem aangehou. Dit maak wel nie saak nie, want die gebou is skouspelagtig. Dis alles van marmer en goud en is waarskynlik byna onmoontlik om vandag weer te bou. En, al se^ ek dit gereeld, dit was WARM! Jy ry met 'n perdekarretjie of 'n elektriese karretjie soontoe vanaf 'n buitenste hek, want petroldampe kan die plek besoedel.


Hier sit ek soos 'n sekere bekende prinses wat tragies in 'n motorongeluk gesterf het op presies dieselfde plek en bankie as waar sy gesit het. Wanneer jy van hierdie kant af naderloop, lyk dit asof die Taj Mahal agtertoe beweeg, en as jy terugloop, kom hy weer nader. Daar is vele optiese illusies.


Hier is een van hulle. Die toring regs lyk skeef. Hy is nie. Maar hy lyk skeef. Alles is presies simmetries.


Hierdie Arabiese letters word al groter hoe hoe"r hulle teen die gebou opgaan - sodat wanneer jy van ver af kyk, is al die letters presies ewe groot. Dis nie geverf nie, dis edelstene wat met die hand in die marmer ingeplant is. Op regterkant is wat lyk na 'n pilaar met agt kante (op die foto kan mens net drie kante sien), maar eintlik sien jy op die foto net een en 'n half kant, die pilaar het net vier kante.


Ietsie van die skaal van die plek. Kyk die klein mensies bo-langs.


Dit was my gids, Shamir, wat graag my baie gewilde Tibettanse hoed wou opsit.

2 comments:

rondloper said...

Ja, dit was!

Anonymous said...

Ten minste is jy nie besig om weg te kwyn van onvervulde liefde soos daardie baie bekende prinses nie