Tuesday, February 20, 2007

Rus verseker

Na die bloutjie wat ek met Santam geloop het (so 'n paar posts laer af) moet ek wel hier noem dat 'n foonoproep en 'n kwaaierige e-pos toe eindelik daartoe gelei het dat hulle wel uitbetaal het, wonder bo wonder. Dus, as regverdige beriggewer wat ek is, verkondig ek nou hier dat Santam my wel toe uitbetaal het na die diefstal. Ek dink nie dit sal met enigiemand gebeur nie, want my kar was amper niks meer werd nie. En dit was bietjie van 'n gesukkel, maar in elk geval, die diens was toe darem aan die einde van die dag nie te sleg nie. Ek is nog onseker of ek wel by hulle wil bly, aangesien Outsurance baie goedkoper is, en meer bied vir die premie.

Monday, February 19, 2007

Maputo 101

'n Paar mense het gevra oor Maputo, kostes, hoe kom jy daar en so aan.
Daar is deesdae direkte vlugte van die Kaap na Maputo, met SA Express, dit neem 2 uur en 20 minute. Die vlugte is Maandae, Woensdae en Vrydae in albei rigtings. Dit kos nogal baie van die Kaap af, so R4000, met belastings ingesluit. Ek het met Voyager-myle gevlieg, want mens gebruik byna presies dieselfde hoeveelheid Voyager-myle vir 'n vlug binnelands in SA (18000) of na al die buurlande (19200 as jy op die internet bespreek). Dit sluit vlugte in na Namibie, Zimbabwe, Malawi, Zambie en oo Beira heel in die noorde van Mosambiek. 'n Winskopie, as jy dink dis basies dieselfde prys as vir 'n binnelandse vlug.
As mens dit (sonder Voyager) goedkoper wil doen, sal ek voorstel jy vlieg van die Kaap na Johannesburg met Mango (R500) en vat 'n bus (Greyhound, Interkaap en die Mosambiekse diens Panthera Azul, almal luuks en net so ses uur lank).
Verblyf daar wissel erg, die meeste hotelle is relatief duur, of jy kan in baie scaly plekke bly vir goedkoop. Ek het in die Pestana Rovuma-hotel gebly, so R600 vir die kamer vir die aand ( vir twee) met ontbyt. Lekker groot kamer, swembad op die tweede verdieping met mooi uitsig oor die dorp, reuse-ontbyt, langs die katedraal in die middestad.
Dis dalk beter om een van die hotelle in die omgewing van die Polana te kies, want dis bietjie meer upmarket omgewing, daar is baie restaurante, dis naby die Marginal (die kuspad noord van Maputo, vol restaurante en kuierplekke). Daar is 'n hotel genaamd Hotel Terminus, billik geprys.
Die beste is as mens van die Kaap wil reis om eerder 'n pakket te koop, hulle kos so R4000 en sluit dan die vliegkaartjie en verblyf van drie nagte in, gewoonlik in die Polana of die Holiday Inn, wat die enigste hotel reg langs die see is.
Kos is Portugees-beinvloed, baie piri-piri-geregte, lekker baie vis, garnale, skulpvis, ook hoender, daar is baie koffiewinkels oral met lekker gebak en die heerlikste koffie op die vasteland van Afrika as jy my vra. Pryse is maar vergelykbaar met SA, soms bietjie meer of bietjie minder. Daar is baie informele plekkies, sommer stalletjies langs die pad, wat natuurlik goedkoper is. Bier is oral te koop, letterlik op straat, vanaf so R5 vir 'n 'man-size' blikkie op straat tot heelwat meer in restaurante of nagklubs.
Die lekkerste uitgaanplek na my mening is 'n plek met die naam 'Coconuts' op die Marginal. Daar is 'n swembad onder die palmbome, veerpyltjies, restaurante, en saans is daar twee dansplekke, een meer 'Eighties' en ouer en een meer Latyns en jonger. Laasgenoemde is baie lewendig en baie interessant, die een kant van die gebou is oop, daar is geen muur nie, net creepers en palmbome, dit voel of Tarzan enige oomblik daar gaan ingeswaai kom.. Baie prettige plek en al die mooi mense van Maputo hang daar uit, die naglewe begin baie laat, eers hier teen halfeen die oggend, en raak eers later as dit besig. Om oor die weg te kom is taxi's heel voldoende, mens moet net reel dat 'n taxi jou oplaai as jy iewers gaan waar dit lyk of daar nie taxi's rondstaan wat jou kan terugvat nie. Die middestad is klein, mens kan bedags basies oral loop, maar dis baie, baie warm en bedompig, selfs meer as Durban dink ek. Dis wel heel veilig, hoewel daar korrupte polisiemanne is wat mens soms voorkeer en jou 'dokumente' wil sien, hulle sal enigiets doen om iets fout te probeer vind en dan omkoopgeld te vra. Mens moet altyd jou paspoort by jou dra, en dan is jy orraait, al probeer hulle wat.


Elke Marxis in die wereld het 'n straatnaam in Maputo gekry. Mao Tsetoeng, Ho Chi Minh, Robert Mugabe, die hele lot is daar.


Die teelwerk teen die geboue kan, al is dit dikwels nogal onversorg, baie mooi wees.


Hier staan 'n baie klein rondloper langs 'n baie groot man in die ou Portugese fort.


O, die kos, heerlik! Hier is 'clams' in 'n piri-piri-sous, garnale in 'n knoffelsous, en stukkies roosterbrood, en 'n lekker 2M-bier. In hierdie plek het ons ook garnaal-samoosas geƫet, en ek het toe 'n seekos-sosatie gehad en Hugo 'n Prego-steak. Die vorige aand was daar kreefbredie op die spyskaart, by 'n plek met 'n uitsig oor die see.


Ek en Hugo in Restaurante Peri Peri. Dis die plek met die lekker kos op die boonste foto.

Voorspoed


Graag wens ek al my Chinese en nie-Chinese lesers 'n voorspoedige Chinese nuwejaar toe. Dit is vanjaar die jaar van die vark, 'n goue jaar van die vark, wat net elke 60 jaar gebeur, en ek is gebore in die jaar van die vark, dus wens ek myself ook 'n besonder voorspoedige Chinese nuwejaar toe.

Eiffel in die suide


Sekere lesers van Rondloper het die mening uitgespreek dat my (gereelde) foto's van geboue op plekke wat ek besoek hulle verveel. Wel, ek het nuus vir hulle, dit verveel my nie, ek hou van geboue, en hier is 'n paar mooi geboue wat ek in Maputo gesien het. Hierdie is die Ysterhuis (Casa do Ferro), gebou deur die einste heer Eiffel wat verantwoordelik was vir die toring wat sy naam dra in Parys, Frankryk. Hy het twee geboue in Maputo gebou. Die Ysterhuis sou die Portugese goewerneurswoning wees, maar natuurlik was dit ietwat onleefbaar in die tropiese hitte voor die dae van lugreeling en die goewerneur het omtrent 'n week in hierdie huis uitgehou.


Dit is deel van die stasiegebou, al lyk dit soos 'n banketsaal, ook gebou deur mnr. Eiffel. Daar's is nog net 'n paar treine wat elke dag hier aankom.


So lyk die stasiegebou van buite. Hier is 'n groot verkeersirkel voor die stasie met 'n vryheidstandbeeld op die sirkel en 'n paar busse, vragmotors, karre en voetgangers wat almal hul vryheid op die pad geniet.


Ek weet nie watse gebou hierdie is nie, maar Maputo is oral vol sulke klein verrassings. Die sypaadjies het mooi patrone op, daar is huise met Maria-figuurtjies by die voordeur, of in die ou koloniale kern, waar hierdie gebou is, is daar teelwerk soos hierdie, of ander geboue met gekleurede dakteels. Dis nou alles te midde van die effe vervalle sypaadjies en paaie vol slaggate, ek meen die meeste mense fokus so op die pad, om nie in 'n donga te val nie, dat hulle van hierdie klein detailtjies op die geboue dalk mis.

Friday, February 09, 2007

Maputo


'n Naweek in 'n wonderlike tropiese, Latynse stad le^ vir my voor. Ek is op pad na Maputo, nou by die Kaapse lughawe waarvandaan daar deesdae direkte vlugte is. Garnale, pragtige strande en wonderlike Portugese argitektuur is waarmee ek my naweek gaan vul.

Thursday, February 01, 2007

Daar is 'n hemel


Die lewe maak weer sin! Ek kan nie wag vir hierdie wonderlike stukkie tegnologie nie (seker eers laat vanjaar hier by ons, maar miskien kan ek dit Mei-maand in Singapoer of Hong Kong koop as ek weer daar is). Dis net te wonderlik vir woorde. Alles werk met jou vinger, jy kan byvoorbeeld beelde of ikone 'knyp' op die skerm, dan word hulle kleiner, of jou vingers wegtrek, dan word dit groter. Hoe cool is dit!

Briljante joernalistiek


Alice Auma Lakwena, warrior and spirit-channeller, died on January 17th, aged 50

AT A place called Wang Jok, in Paraa National Park in northern Uganda, the Nile flows strongly among trees and over rapids. This is a magic spot: coins, pots and human figures sometimes mysteriously appear from the river. And if you had visited Wang Jok in May 1986 you might have seen, sitting beside the water, a young woman of 30 apparently talking to herself.
People from Opit, the railway town where she lived, knew her as Alice Auma. She sold fish and flour with another woman and had had two husbands, both of whom had deserted her because she was barren. But it was not Alice Auma who was sitting by the Nile. She was possessed by a spirit called Lakwena, and he was holding a consultation with all the animals of the park.
They swarmed round him in a huge bellowing crowd, elephants and hippopotami and crocodiles and giraffes, many of them holding up wounded limbs to be healed. Lakwena asked them who was responsible for the civil war in Uganda, in which the Acholi rebels of the north were fighting the troops of Yoweri Museveni's National Resistance Army. They replied that “the people with two legs” were the violators of peace and Nature. A waterfall and a mountain were interrogated too. They gave back the same answer.

Uittreksel uit The Economist. Lees verder hier. Dis een van die beste artikels wat ek in 'n lang tyd gelees het, vol insig oor godsdiens en oorlog, twee sleutelkwessies van ons tyd.