Wednesday, May 24, 2006

Moontlike afspraak

Vandag ry ek toe so ewe met 'n rickshaw deur Colombo, toe ons deur Cinnamon Gardens, Arthur C. Clarke se woonbuurt ry. Sommer vir snaaksigheid vra ek die drywer om by Clarke se huis verby te ry sodat ek 'n foto kan neem. Voor staan 'n wag wat se^ ek moet eers binne gaan vra vir toestemming as ek 'n foto wil neem. Maar, vra hy, hoekom maak ek nie 'n afspraak om Clarke self te ontmoet nie. Hy ontmoet graag mense as hy tyd het. Hy roep Clarke se huisbestuurder, wat my naam vat en vir my die huistelefoonnommer gee sodat ek volgende week kan bel en dalk 'n afspraak kry. Want Clarke is op die oomblik besig, maar volgende week dalk nie. As ek tien minute vroeer gekom het, kon ek hom nou gesien het, se^ hy, maar Clarke het pas uitgegaan vir die dag. Hoe cool is dit nie?


Hierdie skoolkinders met hul wit uniforms het vir my 'n mooi foto gemaak voor Sri Lanka se onafhanklikheidsmonument.


Maar toe hulle sien ek neem hulle af, chaos! Die hele lot bestorm my, wil eers my hand skud (toe voel ek darem vreeslik baie soos 'n bekende akteur of iemand), so in die ry af, elkeen wil handskud. En toe wil hulle weer afgeneem word. Maar hulle het my letterlik omsingel, hierdie foto is geneem met my kamera op sy wydste hoek gestel, en dis al wat inkom, so naby staan hulle.


Afgesien van hierdie (te wagte) kerse in een van die tempels, was daar ook 'n uitstalling van antieke motors in die tempel!


Sri Lanka het, anders as Indie, die geboorteplek van die Boeddhisme, nog altyd Boeddhisties gebly. Iets wat ek meer met Suidoos-Asie assosieer, dit was aanvanklik vreemd om dit hier in die subkontinent te sien.


Die verpligte slangfoto, uiteindelik het ek toegegee. In Indie nader hulle jou ook met slange, bere en ander diere vir foto's en jy moet natuurlik betaal daarvoor. Toe hierdie man my vandag in Colombo nader met die slang, het ek so groot geskrik (dis die enigste ding in die hele wereld waarvoor ek bang is, slange), ek het sommer net 'n foto geneem en hom geld in die hand gestop dat hy moet loop.

11 comments:

renklem said...

wat 'n stunning foto - die tweede laaste een. baie jaloers.

rondloper said...

Dankie!

Anonymous said...

Het nou al 'n houtappel gesien?

PienkZuit said...

Ja, vertel van houtappels. En het jy toe 'n afspraak gekry?

rondloper said...

Ek sal eers weet of ek die afspraak kry die dag as ek bel, wat volgende week gaan wees. Ek het intussen wyd verneem hy hou van jong mans! En ek het nog nie die houtappels gekry nie, wat is die Engelse naam daarvoor?

Anonymous said...

Woodapples.
Het dit op tv gesien, so dit moet waar wees.
Dis soos 'n appel met 'n houtskil met appelmoes binne-in, so jy eet dit met 'n lepel.
Dis anyway wat die girlie wat die reisprogram aangebied het gedoen het.

Anonymous said...

So van skrywer gepraat, het jy geweet Dat Michael Ondaatje, die skrywer van The English Patient, in 1943 in Colombo gebore is? Hy het ook Anil's Ghost geskryf wat in Sri Lanka afspeel (lees ook sy poesie The Cinnamon Pealer wat oor sy kinderdae op die eiland handel en Handwriting. En jou foto van die waterkruike is nogal uitsonderlik.

rondloper said...

Roelie, jy gaan my seker nooit uitlos oor daai skoolbus nie!

rondloper said...

Gerda, ek het nie geweet van Ondaatjie nie. Ek het intussen in 'n groot fan van Colombo en Sri Lanka ontaard, dis 'n wonderlike plek. En kaneel is so spesiaal hier, dis asof die reuk oral is.

Anonymous said...

Kyk hier vir kiekie van houtappel
http://www.toptropicals.com/cgi-bin/garden_catalog/cat.cgi?number=5&v1=frt&imagesonly=1

rondloper said...

Ek het intussen uitgevind hoe lyk hulle, mens sien dit oral langs die pad. Maar nog nie geproe nie. Ek bere die beste vir laaste.