Tuesday, May 30, 2006

Moenie met vuur speel nie


Sekere van my vriende weet te vertel dat ek slegs met mans uithang. Dis natuurlik glad nie waar nie. Dis Erica van Belfast.


Ons het 'n tradisionele dans-vertoning in Kandy gaan ondersteun. Die dansers was nie watwonders nie, die kostuums was pragtig, maar daar was interessante dinge om te sien.


Die vertoning is afgesluit met mense wat op brandende kole dwarsdeur brandende vlamme loop. Dis nou nadat hulle die brandende fakkels oor hul lywe gesmeer en in hul kele afgedruk het. Kyk mooi, daai blur tussen die vlamme is iemand wat loop.

1 comment:

renklem said...

ek het nog altyd gewonder oor mense wat sulke goed doen. maar blykbaar is ons almal in staat daartoe - ons moet onsself net goed genoeg "mentally" voorberei. ek weet darem nie.