Sunday, October 14, 2007

Verhuising na Wordpress

Na maande en maande se stilte het ek besluit om weer die blogosfeer te betree, en wel by Wordpress. Alles van die Blogger-blog is reeds soontoe geskuif. Die nuwe adres is www.rondloper.wordpress.com

Sunday, May 20, 2007

My nuwe huis


Ek is terug in die land en het my gehaas na Strydenburg, waar Gunther my gehelp het om die plek te restoureer. Hy is basies klaar, en hier is solank 'n paar voor en na foto's. Wag net vir die meubels en die dekor, die mooiste huis in die Karoo is besig om vorm aan te neem! Hier is die vooraansig aan die begin. Let op die pienk kleur . . .


Nou lyk dit so, meer gepas vir die woestyn-omstandighede, en baie, baie mooier.


Die voorstoep, en dis Gunther daar agter by die deur.


Binne was sulke dennehoutplanke teen die mure. Dalk mooi . . . maar nie vir my nie, ek het die vloermatte vervang met hout, en dit sou bots met die dennehout teen die muur.


Dis wat ek laat doen het. Limewash die hout teen die mure, en mooi nuwe houtvloere.


Die badkamer het novilon op die vloer gehad, en die teels was swak afgewerk.


Nou is daar teels wat lyk soos klip (weer die woestyn-idee . . . ) en die ou wit teels is bietjie beter afgewerk.


Hierdie kamer, soos die hele huis, het matvloere gehad, en die kamer het ook blou mure gehad. (Die blou gordyn wat hier uitsteek is nog 'n oorblyfsel van die oertyd.) Net om 'n idee te gee van wat ek beplan, outydse meubels, daar is houtvloere oral, en die mure is reg deur die huis wit, vir koelte en rustigheid.


Die braaigebied voorheen . . .


En nou, geplavei en gesnoei. Bruikbaar . . .

Dorpies


Nog so 'n laaste paar foto's van my trippie. So tipies van Hong Kong. Woonstelle wat reik na die wolke. Die meeste woonstelgeboue is inderdaad veel ouer, maar hierdie is op die eiland Lamma, naby die lughawe, waar 'n heeltemal nuwe dorp ontwikkel word. Want daar is maar net nie meer veel plek oor nie . . . Maar ek moet se^, na Seoel voel Hongkong amper 'n bietjie soos 'n klein dorpie . . . En Kaapstad dus soos 'n baie, baie klein dorpie . . .


Spitstyd in Hongkong is besig . . . In Causeway Bay se moltreinstasie op pad boontoe.


En buite op straat, dis op Hongkong-eiland.


So tegnolgies gevorderd as wat Hongkong is, met paaie en moltreine wat onderdeur die see loop en elke deeltjie van die gebied met mekaar verbind, bou hulle steeds met bamboes, want dis net soveel sterker as ander soort stellasies en blykbaar baie makliker en vinniger om op te slaan.


Terwyl ek met 'n kabelkar na die Groot Boeddha-beeld gery het, het ek hierdie mense doer onder in die see gesien. Ek vermoed hulle haal mossels of ander soorte skulpdiere uit.


En dis die Groot Boeddha. Daar is nou 'n nuwe 'tradisionele' dorpie aan die voet daarvan, maar dis eintlik net 'n tourist trap. Die beeld is wel indrukwekkend. Maar dis nie 'n vreeslike serene uitstappie nie.


By die tempel is daar darem 'n wierook-reuk in die lug en bietjie stilte, weg van die massas toeriste. En daar is 'n mooi blik op die beeld van die tempel se trappies af.


Met die terugry met die kabelkar, is daar pragtige uitsigte, maar mens kan ook duidelik die besoedeling in die lug sien. Ek is regtig baie lief vir Hongkong, ek dink dis een van die mees opwindende stede, maar die besoedeling raak soms erg. Dis vir my altyd vreemd dat dit lyk of niemand dit raaksien nie, asof mense nou maar gewoond is aan die vuil lug. Ek kan nie anders as om elke nou en dan te sien die lug is maar dowwerig nie . . .

Wednesday, May 16, 2007

Nuut


Wat is die kans dat ek in Asie" sal rondreis en nie een of ander wonderlike nuwe gadget sal optel nie? Nul, nul en nul! Hierdie is die Zen Vision W. Die W staan vir Widescreen. Dis 'n MP4-speler waarop ek meer as 120 uur se DVD's kan laai, wat ek dan enige tyd en enige plek, soos teoreties op die subway in Seoel terwyl ek werk toe ry, kan kyk. En ek kan al my foto's daarop laai, en musiek, en radio luister, en my dagboek, en opnames maak, en die videos op 'n TV kyk ens. ens. ens. Pragtig. En ek het minder as die helfte betaal van wat ek sou in SA. Ons handelaars daar bemark hulsef uit besigheid uit. Ek hoop iemand belangrik lees hierdie.

Nog 'n bietjie Korea


Hier's nog 'n paar prentjies van Seoel. Hongkong volg later. En more glip ek dalk gou oor die grens na China, dan sal daai prentjies ook later volg. Ek was gelukkig genoeg om by (een van die vier) koninklike paleise in Seoel aan te kom terwyl die Changing of te Guards aan die gang was. Baie mooi.


En in Korea is die lewe nog sorgvry as jy 'n klein kind is. As jy hoe"rskool toe gaan, raak dinge baie moeilik. Universiteit is net pret, jy sal in elk geval slaag. Maar dan begin die werklewe en raak dinge weer sleg.


Tog is daar tyd vir 'n stil oomblik langs die koninklike somerpawiljoen waar jy die stilte, bome, en vrede kan geniet.


En wanneer jy oud raak, spandeer jy jou middag in die volkspark, waar jy speletjies saam met jou tydgenote kan speel, kan nadink oor die Koreaanse oorlog, en kan probeer om jou pensioen aan te vul deur ditjies en datjies te verkoop.


In Korea, anders as in Suid-Afrika, is daar steeds baie voorbeelde van die Hyundai Sonata 1998-model op straat te sien. Anders as wat sommige van my vriende meen, is dit dus tog 'n motor wat lank hou. In Suid-Afrika het ek al twee gesien, hierdie is een, wat my tot in die Karoo en terug gebring het. Hou my blog dop vir nuwe foto's van hierdie huis in Strydenburg, wat intussen heeltemal gerestoureer is. Ek gaan Vrydagaand soontoe as ek terug is in SA en sal dan hier wys hoe lyk die nuwe plek.

Wie's bang?

Nie dat ek nodig gehad het om die toets te doen nie, maar ek is tog effe verras met die antwoord. Toets jouself, en stuur jou antwoord hierheen, as jy niks het om weg te steek nie.

Your Score: Mostly Gay


You scored -30 (-52 being completely gay, 0 being bisexual, and 52 being completely straight)



You are mainly homosexual, but you have a few heterosexual qualities. You much prefer the same sex, but you have a mild interest in the opposite sex. While you would jump at the opportunity to screw someone of the same sex, you might be up for experimenting with members of the opposite sex if given the opportunity. If you are sexually inexperienced, you could shift on the spectrum at a later time depending on whether you have sexual encounters with the opposite sex and whether or not you like those encounters.

Link: The Sexuality Spectrum Test written by tall_man_54 on OkCupid Free Online Dating, home of the The Dating Persona Test

Saturday, May 12, 2007

Neon

Ek vra innig, in die Koreaanse styl, my familie, vriende, my land en sy mense, die res van die wereld en alle ander bloggers om verskoning dat ek so 'n swak blogger was die afgelope tyd en daardeur die res van die blog-gemeenskap skade aangedoen het. Maar hier gaat ons weer! Ek is nou al twee weke in Asie en het nog niks geblog nie, skande. In die algemeen is hierdie reis bloot 'n kuier-reis, ek het vir my vriende op verskillende plekke kom hallo se^. Ek het net een nuwe land besoek (Korea) en een nuwe plek (Langkawi in Maleisie). Verder net bekende plekke. Ek gaan moontlik volgende week gou China toe, afhangende van of ek betyds 'n visum kry. Ek plaas nou 'n fotoverhaal van die afgelope twee weke. (My Blogger is op die oomblik in Koreaans . . . ) Hier volg sommer 'n paar straattonele van Seoel, waar ek nou is. Die plek laat my baie dink aan flieks wat ek al van Japan gesien het. Ek persoonlik weet maar baie min van Korea, maar ek weet hulle en die Jappanese haat mekaar, hoewel hulle eintlik baie eenders is. Dis 'n baie, baie indrukwekkende stad, met mense wat lyk of hulle net werk, werk, werk, en dan baie, baie hard kuier as die werk klaar is. En nie slaap nie. Nooit slaap nie, behalwe op die subway.





Die eiland


Seoel se Incheon-lughawe is geheel en al op 'n mensgemaakte eiland in die see gebou. Wonderwerke gebeur blykbaar soms. Dan is daar snelwee wat seelangs loop, terug na die vasteland.


En die stad se subway is nog 'n wonderwerk. Hier is so baie lyne ek weet soms nie waar ek is nie. Jy moet nogal kophou met al die name ook, vir my heeltemal vreemd op die oor en al se^ iemand die naam wat ek soek, vergeet ek dit sommer dadelik.


By een van die stasies sien jy dit as jy boontoe kyk.


Koreaanse styl aandete. Ons sit op die vloer, en die kos word op die tafel gebraai. Dis my vriend Marshall die skrywer, wat hier woon.


Dis ek, wat nie hier woon nie. Maar wie weet . . .

Waar is dit?

Daar is 'n hotel in Hongkong wat lyk soos iets uit middel-Amerika of 'n verlate Karoodorpie in die jare vyftig. Waar 'n vreemde, onwelriekende vloeistof wat later sou blyk bloed te wees van die jongste slagoffer van die zombies wat in hierdie godverlate dorpie hul tuiste gemaak het, onder die deur sou kon insypel. Maar hierdie plek is in Hongkong.



Die suidooste


Dit het vreeslik baie gereen in Phnom Penh.


Vreeslik baie.


Die verkeer was selfs meer chaoties as wat ek van my vorige besoeke kan onthou. Saigon was vir my voorheen die plek met die mees chaotiese verkeer denkbaar, selfs erger as Indie, die dermiljoene motorfietse, riksjas, fietse, karre, donkies, beeste, enigiets beweeg letterlik in alle rigtings, daar is baie min robotte en niemand stop in elk geval nie. Kambodja lyk of hy daarop afstuur. Seker logies, want hulle was lank 'n Vietnamese 'kolonie' en dis die mense wat hulle probeer navolg. Agter is die sentrale mark wat deur die Franse gebou is.


Ek het die eerste keer Bankok se veelbesproke nuwe Suvarnabhumi-lughawe gesien. Was net daar vir 'n paar uur in afwagting op my aansluitingsvlug na Hongkong. Dis 'n betonpaleis/betonmonster (kies self een).


Baie kil en bar, meen ek.

Donker eiland


Langkawi is 'n eiland met 'n donker geskiedenis en selfs vandag is die sand op een van die strande onheilspellend swart, soos Seng hier wys . . .


Want hierdie graf, die graf van 'n jong dame wat sewe generasies gelede geleef en tragiese gesterf het, hou die sleutel. Sy is deur die koning van die tyd van owerspel beskuldig en ter dood veroordeel, deur op 'n brandstapel te sterf nadat iemand 'n dolk in haar hart gedruk het. Sy het in haar sterwensoomblik die eiland vervloek dat dit sewe generasie lank baie sleg daar sal gaan. Die vloek het so 'n paar dekades gelede verval, en sedertdien floreer Langkawi. Sy word deur die Maleisiers as 'n heilige gesien omdat sy vals beskuldig is en dus 'n martelaarsdood gesterf het. Nou is daar 'n gendenktuin opgerig waar haar graf is.


Daar is 'n hok met koerkoer-duifies in die gedenktuin.


Mens kan met 'n kabelkar teen die hoogste berg op Langkawi opry. Dis 'n baie lang kabelkar en hy beweeg nogal vinnig. Onder is net oerwoud en die blou, blou see. En bo, is jy in die wolke.


Met die terugkomslag, as mens deur die wolke breek, sien jy die see en dele van die eiland. Dis baie, baie mooier as Phuket, waar ek verlede jaar was, en ook baie meer ongerep, die ontwikkeling is van so 'n aard dat die eiland nog redelik ongeskend voel. Goeie plek vir Suid-Afrikaners om vakansie te hou, want dis ook baie goedkoop.

Die beste kos

Hierdie is die laaste episode van die jongste fotoverhaal.


Die lekkerste ding in Maleisie is die kos. Ek het nog nie op enige ander plek so lekker ge-eet nie. Kyk net daai krappe, daai gestoomde vis . . . Andrew (links) en Seng (voorheen op hierdie blog genoem Jeff, maar voortaan gebruik ek sy Chinese naam) het my na hierdie straatrestaurant in 'n voorstad van Kuala Lumpur gebring. Feesmaal.


In die kabelkar op pad na 'n monument aan blink liggies en verpakte vermaak - die Genting-hoogland buite KL. Heerlik koel daar, want dis so 700 m hoog en dis 'n verfrissende ontsnapping van KL se hitte. Ek het daai aand 600 ringgit (sowat R1200) by die casino gewen. Van links is Akira, Andrew, Freddy en Andre.


Wie's die mooiste model? Hierdie een . . .


Of hierdie een . . .


Het ek gese Maleisie is die plek met die lekkerste kos in die wereld. Ja, ek dink so. Daai bord met al die knoffel was vol paddas. Nou is hy leeg. En die paddas was baie, baie lekker. Al dieselfde mense.