Friday, March 31, 2006

A Day in the Life of a Globetrotter


My slaapkamer in Hong Kong. Die vensters kan gelukkig oopmaak.


En van die bed af kan jy net so jou hand uitsteek en goeters van die tafel af optel. Die plastieksak op die bed is dieselfde een as in die boonste foto.

Die rede hoekom ek in rolprentteaters, parke, tempels en museums rondhang terwyl ek hier in Hong Kong is, is omdat die verblyfreelings so ongelooflik klein is. Hier is foto's van die plekkie wat tot so om en by die 10de April my tuiste gaan wees. Daar is letterlik plek vir 'n enkelbed (met drie van die vier kante reg teen die muur), en 'n klein spasie langs die bed om te staan en 'n tafeltjie. Bo teen die muur hang 'n TV. En die badkamer is 'n vertrekkie met 'n toilet, miniatuurwasbak en drein in die vloer, want jy stort sommer so op die vloer (soos op baie plekke in die Ooste eintlik). Dis heeltemal gemaklik en baie skoon (en kos dieselfde as 'n bed in 'n gedeelde kamer in 'm jeugherberg). Hong Kong se eiendom is van die duurste ter wereld, die mense wat ek hier ontmoet het, bly in woonstelletjies so groot soos Die Burger se rookkamer (OK, ek oordryf, maar dis klein - tensy jy natuurlik een van die rykes is, maar dan bly jy op The Peak in 'n regte huis), en daar is altyd sulke mensemassas op straat. Dis steeds 'n wonderlike plek, ek geniet die energie en die mense ongelooflik baie.

No comments: