Thursday, March 16, 2006

Woordelys en spelreels


Hier volg my Maleise taalles vir die dag. Vandag fokus ons op woordeskat. (Net om seker te maak my studente luister aandagtig het ek een woord hieronder ingesluit wat nie Maleis is nie - die een wat dit identifiseer, wen 'n prys).
dokter - dokter
polisi - polisie
immigrasi - immigrasie
teksi - taxi
bas - bus
bas mini - minibus
motosikal - motorfiets
basikal - fiets
offis - kantoor
bank - bank
pesar - mark (dink 'basaar' om te onthou)
ya - ja (as jy 'n man is, daar's 'n ander woord vir vroue wat ek nie ken nie)
pondok - tydelike gebou/huis


Hierdie foto het niks met die taalles te doen nie, dis hoekom hy onder staan.

3 comments:

Anonymous said...

En weer eens kan jy nie die vroulike vorm onthou nie.
Sies!
Jy sal op die lughawe in hegtenis geneem word

rondloper said...

Dis heel verklaarbaar. Ek is nie 'n vrou nie. Ek gebruik nie die vroulike vorm nie!

Anonymous said...

so al die vroue sĂȘ vir jou nee?