Monday, March 20, 2006

Wat 'n vreugde

Ek sukkel vreeslik met blogger vandag, het darem nou aangemeld gekom, na 'n lang ruk. My ma het vandag in Hong Kong aangekom, ek en my broer het besluit om haar te sponsor op 'n trippie oorsee omdat sy nog nooit oorsee was nie - sy gaan nou so tien dae saam met my kuier in Macau en Hongkong. En wat 'n vreugde is dit nie. Ek sien die wereld weer nuut en wonderlik deur haar oe". Mens raak soms oorkrities (of minstens ek doen), maar dit verg net 'n bietjie nuut kyk en dan is alles weer wonderlik. Ons is nou in Macau, wat 'n plek! Dis 'n heerlike mengsel van Portugees en Chinees, en nog 'n bietjie Las Vegas ook (groot casinostad). Het teen die aand eers aangekom, so hou maar dop vir foto's later in die week.

No comments: