Monday, March 27, 2006

Kom ons gaan fliek


'Sometimes you have to leave in order to come back' - Robert de Niro in 15 Minutes.


Twee wonderlike flieks gesien die afgelope paar dae, my ma is steeds hier en ek en sy bly in 'n heerlike hotel in Hong Kong waar ek saans sit en TV kyk as sy gaan slaap het. Pearl TV, Hong Kong se openbare televisiekanaal, het mense in diens wat lekker flieks aankoop. Ek meen elke joernalis behoort 15 Minutes te sien, wat 'n heerlike fliek, vol aksie en dan laat dit jou nogal dink ook. Het my weer eens laat dink aan Capote (lees my post hieronder daaroor) en die aard van kuns (lees ook die post daaroor as jy nog nie het nie), en dan ook oor die aard van harde joernalistiek. Regtig die moeite werd.
En gisteraand het ek Ocean's Eleven die eerste keer gesien. Ook vol aksie, maar dan is daar nog 'n bietjie romanse en die bad guy word behoorlik tot in die afgrond in verneder. Dis mos hoe 'n fliek moets wees. En dan is dit nog vol mooi mense ook.
Ek sal binnekort berig oor wat ek dink van V for Vendetta, wat ek hopelik binne die volgende paar dae gaan sien.

2 comments:

renklem said...

Is 15 minutes die een waarin Charlize Theron instap en Afrikaans praat, of het ek nou heeltemal die kat aan die gat beet?

rondloper said...

Weet jy, sy is in die fliek, maar ek het die Afrikaanse scene seker gemis.