
Die Chi Lun-klooster in die New Territories (op die foto bo en onder), 'n plek waar jy so 'n rukkie lank rustig voel tussen al die bonsai-boompies en dammetjies - totdat jy opkyk en die skyscrapers sien. Maar dis mooi, baie mooi, alles van hout.


Die Peak-tremspoor is meer as honderd jaar gelede gebou, dis een van daai trems wat met 'n kabel teen die berg opgetrek word, totdat jy bo kom om die mees skouspelagtige stadstoneel in die hele wereld te sien (foto bo). Op die onderste foto staan ek en moeder soos Jappanese toeriste voor die trem.

No comments:
Post a Comment