Tuesday, March 21, 2006

Monte Carlo


Blogger het alweer met die verkeerde voet uit die bed opgestaan. Wonderlike foto's volg sodra Blogger oor sy bui is. Ek kon darem hierdie een foto gelaai kry. Die uwe op die berg.

Macau is 'n ongelooflike plek. Dis 'n heerlike mengsel van Portugees en Chinees, en almal wat my ken weet ek hou van die Chinese mense en ek het nogal 'n voorliefde vir die warmbloedige Latynse klomp soos die Portugese. Die mengsel hier is net ongelooflik. En dan is dit ook die Las Vegas van die Ooste, die naghemel blink van al die verskillende casinos se flitsende liggies, terwyl jy koffie drink in 'n tradisionele Portugese straatkafee en bedien word deur iemand wat lyk na Chinees maar ook met Portugese gelaatstrekke. Wat 'n plek!

No comments: