Friday, March 31, 2006

Ou vriende


Ek kry gister 'n SMS van my ou vriend Philip de Villiers, wat die afgelope tyd in 'n groot sanger ontpop het. Vol goeie nuus was hy. Ek het hom baie jare gelede ontmoet toe hy nog gedroom het van musiekmaak as professionele kunstenaar, en nou is sy album uitgereik, die resensies is goed en sy droom is besig om waar te word. Ek dink dis wonderlik as mens die kanse vat wat na jou kant toe kom en dinge werk vir jou reg uit. Ek kry ook vandag 'n epos van my goeie vriendin Gerda, sy het Philip onlangs ontmoet en in gesprekke kom hulle agter hulle albei ken my. Wys net hoe klein die wereld soms is. Toeval? In V for Vendetta (lees my volgende post) se^ V daar bestaan nie iets soos toeval nie. Ek hoor deesdae van baie sulke 'klein wereld'-voorvalle.
Gaan besoek gerus Philip se webwerf hier en daar is links om na sy liedjies te luister. Ek het sy CD in die HMV in Hong Kong gesoek, maar dis almal uitverkoop.

No comments: