Wednesday, March 22, 2006

If it's Monday, it must be Macau . . .

Hier is my beloofde foto-reportage van Macau (ja, ons het Maandag hier aangekom, al is dit nou Woensdag). Ek weet dit klink nou al afgesaag, maar wat 'n plek!


In Coloane, klein kusdorpie op die eiland met dieselfde naam. Reg oorkant is Rooi China, jy kan die geboue duidelik herken so naby is dit. Het my hart warm laat klop.


My ma tussen die ou mense op die outydse stadsplein. Sy't spesifiek gevra om tussen die ou mense wat so rondsit afgeneem te word. Sy verkyk haar aan alles, geniet dit vreeslik baie.


Ekke tussen die kanonne by 'n ou fort op 'n berg.


Hierdie kruis is binne-in die herboude grafkelder van 'n Portugese katedraal wat in 1507 gebou is. Die grootste deel van die katedraal het afgebrand behalwe die voorkant, wat skouspelagtig mooi is.


Is dit Portugal? Nee, dis China, Macau in China. Vele plekke waar jy loop lyk dit so.


En dis nie Rio nie, dis net hier, in Macau, China, die sypaadjies is vol sensuele kurwes, nes mens altyd van Rio hoor.

3 comments:

Do Kwang said...

Driesie, hierdie foto's van jou is regtig beautiful. Ek het nooit besef Hong Kong is so mooi nie.

Anonymous said...

Macau lyk baie interessant en mooi...heelwat mooier as Taiwan! Jou ma staan nogal uit tussen die Portugese Chinese.

rondloper said...

My liewe, erudiete vriend saligerus, dankie vir jou kompliment! Net een ding, Hong Kong en Macua is twee verskillende plekke, soos Kaapstad en Hermanus twee verskillende plekke is.