Tuesday, March 07, 2006

Die neonoerwoud


Hier is 'n paar beelde van Kuala Lumpur - al die neonliggies het my nogal beindruk, maar ek dink dit is nog niks in vergelyking met 'n plek soos Shanghai nie. Hierdie groepie het betoog vir wereldvrede. In die agtergrond is een van die twee torings en 'n helderverligte boom of twee.


Nog 'n helderverligte straat - hulle hou daarvan om liggies om die bome te draai.


Hierdie restaurant se naam is lecka-lecka (lekker- lekker?).


In KL se Chinatown, waar ek nou bly. Die man verkoop gebraaide neute, die reuk hang oral in die lug as jy in die straatjies ronddwaal.

No comments: