Friday, March 31, 2006

Wraak of geregtigheid


Ek het gisteraand eindelik V for Vendetta gesien. Ek het al 'n paar keer op my blog daarna verwys, ek weet nie hoekom die fliek my so getrek het nie. (Ek dink mos in my vorige lewe was ek woonagtig in 'n totalitere staat, waarskynlik China, en dis waarskynlik hoekom ek nou so opgewonde is oor my trippie soontoe . . . Dalk vind ek wortels waarvan ek nie bewus was nie.) Maar terug na die werklikheid, ek het in Nieu-Seeland hierdie uitstekende artikel uit die Britse Independent gelees oor die Wachowski-broers (ook die skeppers van The Matrix - lees gerus Johannes de Villiers se wonderlike artikel 90 Jaar van Fantasie en Wetenskapfiksie hier, vir mense wat nie dikwels wetenskapfiksie lees nie, soos ek, is dit eye-opening). Die Independent-artikel het gehandel oor V for Vendetta, en dit het my dadelik getrek. 'n Fliek oor 'n totalitere Engeland (iets wat nie te vergesog is nie), met geen vryhede en 'n diktator wat alle homoseksuele, anderskleuriges, nie-Christene ens. ens. geleidelik elimineer in twyfelagtige 'wetenskaplike' eksperimente. Verskyn V, wat die eksperimente oorleef het, maar geheel en al misvorm is, en sy missie om wraak te neem. 'n Heldhaftige terroris? Is dit moontlik na 9/11? Gaan kyk die fliek. Ek gaan dit weer kyk. Daar is ook verwysings na seksuele onderdrukking, diskriminasie, en natuurlik 'n klein bietjie romanse. Ek dink dis een van die beste flieks in 'n lang tyd, ek het die gevaar geloop om teleurgesteld te wees omdat ek so lank daarna uitgesien het, maar ek was nie. En die ander eienaardigheid, die hoofkarakter dra die hele tyd 'n masker, hoe moeilik moet dit wees om 'n rol te speel sonder om enige gesigsuitdrukkings te gebruik. Ongelooflik.

2 comments:

Anonymous said...

Haai daar,
Ek het gisteraand (2 April) saam met manlief die fliek gesien. Was totally blown away! Het geen verwagtinge gehad nie, maar Tom is vertroud met die graphic novel en selfs hý was baie impressed. Ek gaan dit ook beslis weer kyk (het so 'n paar kinkels in die plot gemis) én die DVD koop. Het vandag reeds gaan kyk op Amazon om te sien hoeveel dit my uit die sak gaan jaag, maar hoewel 'n mens vir Underworld Evolutions kan pre-book, kan 'n mens nie dieselfd doen met V nie...was baie teleurgesteld.

Hoop dit gaan goed. Ek geniet jou blog vreeslik.

Tra
Abi

rondloper said...

Hei Abi, great om te hoor jy lees nog my blog! Ek sal sekerlik vir jou 'n (baie goedkoop) kopie van V hier iewers op straat kan opspoor, laat weet maar net as jy belangstel!