Monday, March 06, 2006

Raakgeloop


Hierdie vryskutmodel het vir my voor die twee torings in KL geposeer sodat 'n mens mooi kan sien presies hoe groot hulle nou eintlik is.


Daar is 'n winkelsentrum in KL waar 'n mens deur 'n soort van 'n gang of saal loop, met klein liggies wat die hele tyd flits, in allerhande kleure. Die mure is vol spieels en dit voel amper asof jy iewers in 'n ander dimensie rondsweef, dis nogal freaky.

Rondloper en Saligerus het mekaar kortstondig hier in Kuala Lumpur raakgeloop. Saligerus is in die gelukkige posisie dat hy (anders as ek!) geen sent vir 'n baie aangename vyfster-avontuurvakansie betaal nie! Hy is 'n gas van Malaysia Tourism. En wat doen 'n mens in KL op 'n Saterdag? Jy shop, jy sweet en jy koes vir Chinese winkeliers wat besig is om hul stalletjies vir die nagmark reg te maak en nie omgee as daar enigeen in die pad van hul trollies is nie. En jy verkyk jou aan die meesterlike twee torings, dit bly skouspelagtig. En dan sweet jy nog 'n bietjie. Johannes het in 'n stadium opgemerk dat elke groot wereldstad baie dieselfde is. Dis nogal waar, dink ek. Op vlakke is die meeste stede eintlik dieselfde plek. Beteken dit dus reis (na stede) gaan oorbodig of onnodig raak, soos stede al meer na mekaar begin lyk? Die mense is natuurlik anders, en die kos . . . O, ja, en die pryse. KL is belaglik goedkoop, veral vir eet en koop. Maar selfs blyplek ook. Die laaste keer toe ek hier was, het ek om een of ander rede bietjie ongemaklik gevoel, dit was die eerste keer wat ek in 'n Moslem-land was (en hier is baie wette spesifiek net vir die Moslems), maar hierdie keer voel ek heel gemaklik. Dit is egter op vlakke heel konserwatief, en dan op vlakke so uitspattig jy kan amper nie glo dis 'n Moslemland nie. Laatnag is KL seker een van die bedrywigste stede wat daar is, die strate woel behoorlik. En nie almal is sober nie.

2 comments:

Anonymous said...

Jy blog is cool. Jy is seker die eens mens wat ek ken wat die beste van elke reiservaring maak. Jy is baie gelukkig en ek is baie jaloers.
Ek is mos nou die redakteur van ‘n nuwe bylaag hier by Die Burger, met die naam Reis. En het gewonder of jy dalk ‘n storie vir my wil doen. Ek sou baie graag meer oor Samoa wil weet. Dit is een van die bestemmings wat mens nie baie van hoor nie. En my idee met reis is om lesers iets anders te gee as die gewone ou Europese bestemmings. Dit raak nou al afgesaag. Dit hoef glad nie lank te wees nie.
Ek sien jy het vir Johannes raakgeloop. Julle lekker gekuier?

Anonymous said...

Ek sien darem Johannes was daar in jou valley.
Lucky fish. Dis 'n lekker trippie wat hy gekry het.