Monday, April 03, 2006

Vermaaklikheid


Dit was hierdie naweek die Hong Kong-sewesrugbytoernooi - eintlik net 'n verskoning vir die grootste partytjie op die planeet. Ek het nie kaartjies gehad nie, dit was te duur, maar die hele stad was vol rugby-ondersteuners wat partytjie hou. Dit was al te feestelik. 'n Hele klomp het Cowboy-klere gedra, volgens die koerante is hulle deur Brokeback Mountain geinspireer. Hier is twee van hulle (nie my foto nie).


Dis Brando en Molly toe hulle nog klein was - in 'n petshop in een van Hong Kong se 'voorstede', waar ek die naweek by my nuwe vriend Bobby Chan Britse comedy shows op DVD gaan kyk het. (Dis 'n selfoonfoto).


En dis sekerlik een van die eienaardigste disse wat ek tot dusver ge-eet het. Ek en Bobby het voor die video-aand eers gaan eet by 'n tradisionele Chinese 'foodhall'. Dis altyd 'n fees, dis heeltemal anders as die restaurante gemik op toeriste, daar is altyd baie mense en baie kos, sommer plastiektafels dikwels, die oorskietkos krap jy sommer so op die tafel uit, daar is 'n groot drein in die vloer sodat die vloer net elke nou en dan skoongespuit kan word. Hierdie dis (nadat ek nou al begin eet het daaraan) is 'crispy fried fish', wat ek toe uitvind is daai moddervis met die snor wat ons in SA ook het (baber? hoe spel mens dit?), die hele vis (alles!) word heeltemal fyngemaal en dan word dit diepgebraai in olie. Dan sit die fyn gemaalde vismeel uit en verskyn so 'n groot hoop krummels op jou bord. Jy eet dit met baie sterk, rissiegegeurde mango-slaai. Interessante smaak. (Ook selfoonfoto.)

No comments: