Wednesday, March 29, 2006

Nie net praat ek drie tale nie, ek kan tel ook

Ek het nou ook 'n statcounter op my blog gelaai, nou kan ek sien hoeveel mense lees dit. Te lekker. En dis die maklikste program in die wereld om te laai, en jy kan so baie dinge sien. Dis oop vir almal om na te kyk, as mens kliek op die View my stats-link dan kan jy byvoorbeeld presies sien waar kom die mense vandaan wat die blog lees (soos Hong Kong, Nieu-Seeland, waar ookal) en allerhande ander interessante dinge. Ek het my counter op 150 begin, ek dink nie ek lieg nie, want ek is darem al lank op die net en ek het al 158 profile views gehad, so dis heeltemal korrek. Eintlik te min. Ek is die beste.

3 comments:

Anonymous said...

Ja en jou kop is glad nie groot nie, ne!

Do Kwang said...

Driesie, wil jy nie asseblief vir my laat weet hoe laai mens 'n counter nie, want ek het al probeer, maar ek kry dit nie reg nie.

rondloper said...

Ek sien jy het toe reggekom.