Monday, March 06, 2006

My plasie in Afrika


Ek het sommer vir die snaaksigheid bietjie op Google gesoek na Teslaarsdal (waar my lappie grond is) en afgekom op 'n magdom interessante inligting. Daar was 'n artikel oor die plek in Village Life (tydskrif) en daar is twee wynplase direk in die omgewing. Lyk my hierdie groot stap van my, om daar grond te koop, was 'n goeie een. Ek sien uit daarna om 'n gedeelte van die grond te verkoop en vir myself 'n lekker huisie daar te bou sodat ek rustig kan gaan boer en met 'n boek op die stoep sit terwyl my honde by my voete le^. (Soos julle kan aflei verlang ek bietjie na vastigheid onder my voete, maar dit sal ook oorwaai . . . )
Hier is bietjie oor die geskiedenis van Teslaarsdal:
Teslaarsdal (R326): Johannes Jacobus Tesselaar was a wealthy landowner in the Overberg. He left an estate in 1797 of five farms, 14 male slaves, four female slaves, 125 horses, 60 head of cattle and 500 sheep. Tesselaar left the farm Hartebeesrivier to some of his slaves. Direct descendents still own parts of the farm today and the settlement called Teslaarsdal developed on this farm. Remnants from that period are still visible, and in the graveyard there are graves from descendents Coert, Gertse, Huizenberg, Bredenkamp, among others.
Hier verskyn die artikel (eintlik net foto's) van Village Life, en hier is die skakel na inligting oor een van die wynplase. Die nuwe Greyton? Ek hoop so.

No comments: