Wednesday, March 01, 2006

Waar in die wereld?


Na aanleiding van navrae plaas ek hierdie kaart om aan te dui presies waar ek is. Net onder die ewenaar, amper in die middel van die blou see, daar is Samoa. Dit is werklik so afgelee as wat dit voorkom, ek sukkel my blou om die internet te gebruik hier. Die naweek was dit heeltemal af en gister en vandag is dit darem aan die gang, maar met erge onderbrekings. Minstens kon ek my blog update oor hierdie wonderlike plek. Vlieg more-oggend na Auckland en dan Bangkok, met 'n aansluiting na Kuala Lumpur.

No comments: