Monday, March 27, 2006

Nagliggies in die Ooste


Een van die dinge wat 'n mens moet doen in Hong Kong is om met die Star Ferry tussen Kowloon en die middestad te ry. Hier sit ek en moeder op die veerboot. Vandag is haar laaste dag hier, more gaan sy terug.


En dis wat jy van die veerboot af sien. Die nagliggies van Hong Kong, en honderde bote en skepe en skuite vol glinsterende liggies wat in die water om jou vaar.


Die neonbeligte aand in Kowloon. Ek het 'n tyd gelede 'n TV-program gesien oor 'landscape lighting' in Korea, en ek dink hulle doen dit seker ook hier. Daar is so baie geboue wat saans belig word, nie net met wit lig nie, met allerhande verskillende kleure, wat beweeg en aangaan en afgaan en verander . . . Nie baie omgewingsbewus nie, maar nogals mooi.

No comments: