Monday, March 13, 2006

Groot stories


Is dit Bigfoot se (groot) voetafdruk? Of is dit 'n (groot) klugspel?

Hier is een van die vele artikels wat die laaste tyd hier verskyn het oor Bigfoot, wat glo in die suide van Maleisie gesien is. (Dan moet ek byvoeg daar was in een van die koerante wat gereeld oor Bigfoot berig, ook 'n artikel oor mense wat gese^ het hul dogter is ontvoer deur 'onsigbare mense'.) Verskeie kwasi-wetenskaplikes het op Maleisie afgestorm na die nuus oor Bigfoot, lees onder meer hierdie blog. Dan het The Star (van hier) ook oor die kwessie berig. As hulle hom kry sal ek seker vir Die Burger ietsie moet skryf daaroor . . . Maleisie se eie Yeti?
En terwyl ek nou so oor die mediawereld gesels - dit is 'n eienaardigheid om die koerante hier te sien - en hoeveel moeite hulle doen om die regering se standpunte te verkondig. Geen kwessie van persvryheid nie, en gevolglik redelike 'bland' (flou?) koerante. Behalwe vandag ontdek ek toe so 'n klein koerantjie met net 30 bladsye, met die ongelukkige naam The Sun, maar dis 'n ernstige koerante en die naaste aan 'vrye' beriggewing wat ek hier gesien het. Dit was so verfrissend om te lees, ek was spyt toe ek omblaai en bladsy 30 toeslaan. Maar wat 'n vreugde om goeie nuusberiggewing te lees. Mens besef nie hoeveel jy dit gaan mis totdat jy dit nie meer het nie. (Hulle het 'n pos geadverteer vir 'n subredateur - sirkulasie van 200 000).

3 comments:

Anonymous said...

En toe is jou aansoek al in?

Do Kwang said...

Ek sou nie daai artikel skryf as ek jy is nie, want Johannes de Villiers het reeds iets daaroor vir die Reisbylae geskryf. Bigfoot is real.

rondloper said...

Ag nee, my eerste oorspronklike idee in jare en daar spring jy my voor!