Monday, March 27, 2006

Wonderland


Die kasteel van die slapende skone. Sy staan langsaan sodat mens saam met haar afgeneem kan word. Vreeslike baie ouens het in die ry gestaan vir die foto.


Elke middag is daar 'n optog deur Disneyland wanneer die karakters in die straat afloop. Met mooi musiek wat speel.


Dankie, pappa, dat jy ons hiernatoe gebring het . . .


En nog 'n paar karakters in die optog. Ek het ongelukkig nie foto's geneem binne in die MGM-teater waar daar 'n vertoning, soos 'n mini-musiekblyspel, was nie. Dit was heerlik, tonele is opgevoer uit Lion King, Beauty and the Beast en ander flieks, en Tarzan het in 'n stadium in die teater rondgehardloop.

Op die eerste dag saam met my ma in Hong Kong het ek haar na Disneyland gevat - om geleidelik gewoond te raak aan die werklikheid van die oorweldigende Hong Kong, dat sy eers tyd het om bietjie in die fantasiewereld rond te loop. (Dit was vir haar bietjie groot hier.) Wat 'n prettige dag - dit kos 'n vreeslike klomp geld om in te gaan, maar wanneer jy van die moltrein afklim, begin die Disney-musiek en jy loop regtig in 'n ander wereld in. Ek is nou nie eintlik een vir temaparke nie, maar hierdie was 'n groot uitsondering. Hoeveel keer kry 'n mens die kans om Disneyland toe te gaan? Die lekkerste was die Space Mountain-wipwaentjie (roller coaster!) wat net eenvoudig wonderlik is. Dis soos roller coasters wat ons ken, maar dis binnemuurs, dis pikdonker, en dit voel asof jy deur die ruimte reis, daar's net sterre en planete waar jy kyk, dit voel asof jy dwarsdeur Saturnus jaag . . .

No comments: