Friday, April 07, 2006

Eindelik in Beijing!


Die flouerige lentesonnetjie sak voor Beijing se stasiegebou.

En dis toe eindelik Beijing! Wat 'n wonderlike plek, vanmiddag laat hier aangekom, nog bietjie deurmekaar en weet nie mooi waar ek is nie. Het ook probleme met Blogger - ek wonder of hier 'n sensuur-ding aan die gang is? Ek kan blykbaar publish en foto's laai, maar ek kan nie my eie blog oopmaak, of enigiemand anders s'n nie . . . Eienaardig. Ek kan ook geen opskrifte vir my posts gee nie (die template werk blykbaar nie heeltemal hier nie), verskoon dus as wat julle sien ietwat slordig lyk, ek weet self nie wat anderkant uitkom nie. Ek sal so gou ek kan foto's laai, het nog bietjie tegniese probleme daarmee. Beijing is anders as enige plek wat ek nog gesien het, dis regtig ongelooflik. Reusagtige wye strate, die geboue is meestal laag (minnerige skyscrapers), die mense is almal baie, baie donker aangetrek (swart en skakerings daarvan), en ek verstaan g'n snars van niks - maar kom tog heeltemal maklik reg. Dis my eerste post wat ek geheel en al op 'n Chinese rekenaar en met 'n Chinese weergawe van Blogger gedoen het! Ek is te dom om die taal te verstel as ek nie eens weet waar om te kyk nie. Sal iemand asseblief laat weet of julle hierdie kan lees, ek kan niks sien nie, soos ek reeds hierbo geskryf het.

3 comments:

Anonymous said...

Ek kan jou post heel goed lees. Die ossie by die foto is links onder die ander opskrifte van jou ander inskrywings. Ek het in taiwan ook heel goed reggekom op 'n Chinese rekenaar. Die probleem is as jy 'n nuwe rekenaar wil koop en alles is in Chinees. Dis hoekom ek nie vir my 'n laptop in Taiwan gekoop nie want Office ens. was alles Chinees!

Anonymous said...

Hallo DAAR!

Dis ek, Florence. Jy onthou my seker nie, maar ek was die ene wie se broek mos afgeval het in Cubana in Bloubergstrand. Ja, daai een vir wie jy 'n nuwe pakkie entjies gekoop het toe ek die verloor het.
WOu vir jou hallo sê. Ek is nou die kampvegter by DB. Dis baie exciting om so te skyrf oor LG fridges en Ranch Slaghuis se biltong. Maar dit kan nie so exciting wees soos om in Beijing rond te toer nie. Wa's die nine million bicycles? Het jy hulle al gewaar?En vir wat dra die mense swart? Is dit nie veronderstel om rooi te wees nie? Ek is nou 'n ywerige blog leser...vir my tesis...maar dis te lekker.

Groete
Florence

lolla said...

Ek weet hulle sensuur google, maar weet nie van Blogger nie. As dit jou dalk gerusstel, ek het Woensdag dieselfde probleme ondervind. Ek kon post en tekere gaan, maar kon glad nie enige blogs lees of oopmaak nie.Dit het als gisteraand reggekom. Die simbool vir Engels is 英, en taal is 文, so as jy dit kan opspoor sal jy dit dalk daar kan verander. Andersins kan jy net so aanhou, jou post lyk reg en die foto is baie mooi.