Monday, April 03, 2006
Rooi China
Ek vertrek Donderdagmiddag per trein van Hongkong na Beijing, dis 'n afstand van byna 2000km, maar die rit neem net 24 uur in algehele luuksheid - die treine van Hongkong na China is glo baie modern en werklik gerieflik. Na al die dae in die boksie waar ek hier in HK gewoon het, het ek 'n 'sagte slaapbank'-kaartjie gekoop (die klasse is 'sagte slaapbank' of 'harde slaapbank'). Hierbo is my Chinese visum waarop ek baie trots is. En die treinkaartjie na Beijing. Ongelukkig het die Chinese my net 15 dae gegee, weet nie hoekom nie, want die standaardvisum is 30 dae, maar dis goed genoeg. En as ek regtig wil kan ek aansoek doen om nog 'n visum wanneer ek weer terug is in Hongkong. Hou my blog dop vir die beste en varsste berigte uit Rooi China! Maar daar is nog 'n paar dae oor in Hongkong.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Geniet dit vreeslik. Dis later die heel lekkerste om so deur jou paspoort te blaai en na al die stamps en visums te kyk.
Post a Comment