Monday, April 03, 2006

Twee woorde


Ek het twee woorde: Sigur Ros. Ek weet nie wat dit beteken nie. Dis 'n band van Ysland wat een van die dae Hong Kong toe kom, ek het in die South China Morning Post gelees van die konsert en toe na die CD gaan luister in HMV. En toe 'n CD gekoop. Dis hemels. Dis musiek wat geleidelik en dromerig begin, en dan al meer en meer opbou tot 'n dawerende crescendo - alles in so 'n dromerige styl wat net die Skandinawiers kan doen. Luister gerus na fjöll í austri fagurblá, en op hul webwerf, Sigur Ros, is daar baie links na nog liedjies.
Dis wat die Britse Guardian oor hulle skryf:
Sigur ros, the little band that could, have never courted popularity. the adventurous nature that spawned their brittle epics has cast them as anti-pop - which is why takk..., their first release for a major label, comes as such a surprise. at last, iceland's coolest sons have shattered their glacial reserve. wrapping strings and shuddering, tangled guitars around gorgeous piano melodies and icelandic lyrics, they have created a sweet stick of ethereal pop-rock.
The title track shimmers like shards of light hitting a still lake at dawn; glosoli sounds like someone wrenching himself from a glorious dream. hoppipolla sighs with the inquisitiveness of childhood, jonsi birgisson's falsetto enhancing the wonder. changes in mood and direction ensure that no song - most over five minutes long - ever gets dull. better yet, sigur ros's sudden accessibility doesn't tarnish their mystique, but deepens and colours it. radiohead, look and learn.

3 comments:

lolla said...

Jy moet hulle ou goed ook aanskaf. Dis uitstekend. En check hulle musiekvideos as jy kan. Daar is een waarin hulle 'n Down's Sindroom dramagroep gebruik het en hulle in engel outfits laat ronddans het op 'n groen vlakte. Die song se naam is Svefn-g-englar. Gaan jy na die konsert toe, noudat jy converted is? wanner is dit? Ek vlieg sommer oor as ek kan.

rondloper said...

Ek gaan ongelukkig die konsert net-net mis, ek vertrek op die 6de na Beijing. Maar ek het nou al geleer om nie my trip om konserte te beplan nie - die U2-konsert in Auckland wat ek graag sou wou sien, is letterlik omtrent twee dae voor die tyd gekanselleer.

Do Kwang said...

Uhm Driesie, dit is soooooo 2004!!!!