Wednesday, April 05, 2006

Misterie


Ek vra om verskoning as die foto hierbo iemand dalk ontstel, maar dis net skedels. Dis 'n baie interessante storie, meer as honderd menseskedels is opgegrawe in Gansu deur 'n Tibettaanse man in 'n Chinese provinsie wat grens aan Tibet. Niemand weet (na bewering) waar dit vandaan kom nie. Die interessante ding is dat die bokant van die skedels afgesaag is - nie in 'n operasie nie, maar glo sommer hardhandig. Hier is die berig soos dit in China Daily (staatsbeheerde Engelse dagblad in China) verskyn het. Soos te wagte, beantwoord die artikel nie eintlik enige vrae nie, maar dit gee darem bietjie meer inligting. Eers het die owerheid beweer dis aapskedels, maar nou gee hy darem toe dis mense. (Nog 'n interessante berig vandag, 'n militere vliegtuig het glo in 'n dorp in Suid-China neergestort en alle nuus oor die ongeluk word verbied. Die Hongkongse koerante het net so 'n kort verwysing daarna, maar geen besonderhede oor ongevalle of enigiets nie.) Ek hoop nie hierdie mense word eendag die nuwe grootmoondheid nie, dan eerder maar die Yanks.

No comments: