Saturday, April 08, 2006

Die kern van Rooi China


Die verpligte toeristefoto voor Mao se prent, voor die Verbode Stad in Beijing. Daar was vandag derduisende mense, miskien omdat Saterdag is, of miskien omdat daar dermiljoene mense in Beijing woon.


Wanneer die mense deur een van die hekke loop na die Verbode Stad, vat hulle aan sulke brons knoppe op die deur - die knoppe is almal blinkgevryf.


Mao se grafkelder op Tiananmen-plein word opgekikker deur van die eerste lentebloeisels. Mens kan gewoonlik na sy gebalsemde lyk gaan kyk, maar hy was vandag toe.


'n Spatseltjie kleur in die lug voor die gebou van die Chinese volkskongres. Die amptelike kleur in Beijing is swart of grys en skakerings daarvan.


Dis onmoontlik om te wys hoe reusagtig groot is Tiananmenplein. Jy voel 'n bietjie klein tussen al die grootsheid (ek is seker dit was die idee). Dis sementblokke net waar jy kyk, en daar's bitter min tussen-in. Hierdie foto is van die Verbode Stad se kant na Mao se grafkelder, maar dis nog nie die hele Tiananmen-plein nie.


'n Gryserige riviertoneel langs die Verbode Stad.


Soldate op pad met 'n belangrike aflewering voor die Verbode Stad.

No comments: