Thursday, April 27, 2006

Chinatown blink


Ek is jammer as ek dalk bietjie stiller as gewoonlik is, ek voel ek het mos al voorheen oor Singapoer gepost, ek sal weer kwaai begin post as ek nuwe dinge sien. Hier is detail op 'n Indiese tempel in Chinatown, waar ek bly. Dis heeltemal anders as enige ander land se Chinatown, want dis Singapoer. Dis skoon en netjies en georganiseerd en al die geboue is reggemaak.


'n Uitsig oor 'n straatmark in Chinatown. Jy kan elke denkbare soort toeriste-gemors koop vir byna niks geld nie.

1 comment:

rondloper said...

Ek maak so. Hang klaar saans daar by Boat Quay uit, dis darem eintlik wonderlik. Nou nie BA nie, maar goed genoeg.