Sunday, April 09, 2006

Statige Beijing


Voor die oorspronklike stasiegebou van Beijing, waar die Britte in die laat 1890's 'n treindiens bedryf het.


Mosaiekwerk in 'n moltreinstasie in Beijing. Elke klein teeltjie met die hand gele^, die hele een muur in die stasie vol.


'n Toring wat deel was van die oorspronklike Ming-stadsmuur wat in 1430 rond gebou is om aanvallers uit die stad te hou.


En ekke staan bo-op die stadsmuur voor die einste toring.


Gerjo en twee van sy joernalis-vriende van Spanje, Paula en Adrian, in die restaurant in die Sanlitun-area waar ons geeet het. Hierdie foto is met my selfoon geneem, verskoon maar die kwaliteit.

Beijing is 'n grys, vaal stad - ek kan nog nie heeltemal my vinger daarop plaas nie, maar dis ongelooflik statig en elegant en indrukwekkend. Ek voel regtig soos 'n vreemdeling, hoewel ek trots is daarop dat ek myself gou laat gemaklik voel op enige plek waar ek kom. Ek sukkel nie om my weg te vind nie, ek was bang daarvoor, en Engels is nie vreeslik bekend hier nie, maar mens kom reg, jy wys maar en sulke dinge. Dis nou lente, maar die meeste bome is nog kaal en hier waai elke dag stofwolke van die vlaktes van Sentraal-Asie oor die stad, wat die reeds gryse plek seker nog valer laat lyk. Maar ek geniet die plek ongelooflik baie. Het gisteraand saam met 'n oudkollega en vriend, Gerjo Hofmann, wat ses maande lank hier werk, gekuier, en so ook die ryk deel van die stad, die uitgewekenes wat hier woon se leefwyse gesien. Heel anders as die arm, grys massas wat ek elke dag op straat sien. O, een ander ding, die inwoners van Beijing loop en spoeg en snuif so wild op straat dat ek skoon bang is iemand spoeg my raak. Jy moet ook maar mooi kyk waar jy loop. En hier is beslis nege miljoen fietse. O, nog iets, ek kry geen Engelse koerante in die hande nie, nie eens die staatsbeheerde China Daily nie. En die TV het meer as 50 kanale, almal staatsbeheer, en CCTV9 wat in Engels uitsaai lei met die Chinese premier se belangrike staatsbesoeke aan Fidji en Kambodja, of iets dergerliks, vir dae lank dieselfde nuus.

2 comments:

Anonymous said...

hallo daar
jou prentjies is baie mooi en alles, maar ek dink jy moet nou terugkom want ons mis jou te veel.
dit lyk hoeka of jy sal moet ge-debrief word as jy daar uit kommie-china kom.

Anonymous said...

Ek is jaloers! Sopas terug van die KKNK. Gedog ek ken die mark. Dit was 'n kultuurskok! My perels voor die swyne uitgegooi - met nie te slegte results nie. Is genooi na die Kalfiefees op Hermanus, en 'n paar ander aanbiedinge. Ek pryk hierdie week in die Huisgenoot - het my darem sover 'n launch gescore in die Garden Route Shopping Mall by George... hoop ek verkoop binnekort genoeg albums om tussenin soos jy die globe vrot te trot!!