Monday, April 10, 2006

Alledaagse lewe


OK, die vreemdeling-in-'n-nuwe-stad-gevoel het oorgewaai, nou's ek net gefassineer deur alles wat ek sien. Ek wens ek het meer tyd in China gehad. Hierdie foto is spesiaal vir Florence, dis maar net vier van die nege miljoen fietse in Beijing. Ek sukkel om verder as dit te tel.


Hierdie is 'n troeteldierwinkel. Daar in die houertjies op die grond is slange, skilpaaie, rotte/muise, en sulke snaakse goed wat lyk soos slange, maar met pote.


Vandag het my paadjie nogal dikwels gekruis met die down and out in Beijing. Die arme meisie, sy is kreupel dink ek, skryf stories op die sypaadjie en dan gee mense vir haar 'n paar juan of wat. Of hulle staan net en staar. Ek het vandag baie armoede gesien, ver weg van die verwesterse dele van die stad.

No comments: