Saturday, April 08, 2006

Geen oorsese blogs toegelaat

Dit is nou wel bevestig, Blogger se blogs is verbode in China. Ek het met Gerjo gesels wat al twee maande hier woon, en dis een van vele webwerwe wat verbode is. Hy het 'n Blogger-rekening begin voordat hy weg is van SA, maar gebruik dit nie, want hy kan nie sy eie webwerf (of enigiemand anders op Blogger s'n) sien nie. Tog eienaardig, ek kan wel nuwe posts laai . . . Een of ander Kommunistiese Party-staatsamptenaar het seker nie al sy werk gedoen nie . . . Maar ek kan nie opskrifte vir my posts gee nie? Maar dit sal my nie keer nie - Rondloper sal te midde van die uiterste beperkings op sy vryheid van spraak, voortgaan om onbevreesd te publiseer!
Comments: Ek kan ongelukkig nie direk reageer op comments nie, want ek kan nie my blog oopmaak om om Comments te kliek nie! Ek sal in posts reageer, want ek sien darem die comments in my e-pos voordat ek dit publish. Gerda, dankie vir die laat weet dat die posts werk; Florence, natuurlik onthou ek jou! Welkom by my blog! Lorette, ja, soos ek hierbo skryf, Blogger word toe gesensor (Ek weet 'n klomp bloggers het al in die tronk beland hier, dikwels uitgelewer deur die maatskappy wat die blog-webwerf besit. Daar was 'n berig daaroor in Hongkong net voordat ek gekom het). Ek kan wel Google oopmaak, maar nie naastenby al die webwerwe wat ek daarop soek nie. Vreemd, mens hoor van hierdie dinge, maar dan gebeur dit werklik . . .

No comments: