Tuesday, April 11, 2006

Rooi en grys, vaarwel!


Dis my laaste dag in Beijing en ek sluit dit op gepaste wyse af met 'n paar rooierige foto's. Ek het weer vandag Tiananmen en die Verbode Stad besoek, daar is te veel om te sien. Voor Mao se grafkelder. Kyk na die sterre op die vlagpale.


Mense staan tou om na Mao se lyk te gaan kyk.


Binne-in die Verbode Stad. Vandag het die wind geWAAI, so 'n mistroostige stofwind en dit het letterlik deur die gange en tonnels van die Verbode Stad gesuis. Maar dit het nie die massas weggehou nie. Hier kyk hulle na een van die keiser se trone.


Die Verbode Stad is ongelooflik, jy kan dae lank daar ronddwaal. Daar is plekkies waar die massas nie kom nie, dis nogal wonderlik om dan net die geskiedenis te voel. Daar is oral sulke pragtige detail, soos hierdie leeu. En die plek is byna 600 jaar gelede gebou!



Ek sien my hare raak al minder. Moet maar gaan vir 'n operasie in Thailand, hulle doen mos enigiets daar vir goedkoop.


Maar ek het darem meer as hierdie kunstenaar.


Detail op die dak. Daar is baie geboue (ek het nie getel nie) wat deel is van die Verlore Stad, alles het sulke detail.


Die keisers was seker regte slawedrywers, hierdie verfwerk verskyn in die dakbalke, ook oral te sien.

No comments: