Sunday, February 19, 2006

Treasure Island


Heel waarskynlik een van die min internasionale lughawens in die wereld wat nie mure het nie. Dis in die tradisionale styl gebou en is eintlik maar net 'n dak op pilare. Sangers met kitare verwelkom nuwe aankomelinge.


Die lughawebus wat die pad vol slaggate na die middedorp aangedurf het.


En hierdie tekens wys min of meer waar in die wereld Samoa hom bevind.

Ek is bly om aan te kondig dat daar oorweldigende belangstelling in my kompetisie was, amper net so veel as in Die Burger se Pryslyn, en as 'n poging om sirkulasie te verhoog was dit uiters suksesvol. Yeah, right. In elk geval, die een mens wat deelgeneem het, was min of meer in die regte rigting, maar nie die regte plek nie. Ek is in Samoa.

2 comments:

Anonymous said...

Dis oor jy nie vir 'n week 'n strap op die voorblad en jingles op kfm gehad het nie

Do Kwang said...

Waar de hel is Samoa, ek het nog nooit daarvan gehoor nie.
Driesie, drop my 'n mail met jou presiese bewegings as jy in Malaysia is sodat ons kan check of ons kan rendez vous. Ek land volgende Saterdagoggend en is dan heeldag vry. Sondag begin ek met die amazing race, yeaaahaaa!