Friday, February 03, 2006

Bus-stories

Vandag heerlike, lang busrit terug van Franz Josef na Nelson gehad. Deur reenwoude, oor berge en dale, oral, alles groen, groen en pragtig. Baie beeste en skape gesien, onder meer 'n ram wat 'n bul gestorm het (regtig!). En interessante geselskap gehad met 'n jong kind van Nelson wat langs my gesit het, en onmiddellik gevoel het hy kan sy hele, kort lewe, al die liefdesteleurstellings, ma en pa se egskeiding en die drie (!) ander pa's wat hy sedertdien gehad het, sy weersin in geskiedenis en Maori op skool ens. ens. met my deel. Hy het langs die pad gestaan en waai toe hy afgeklim het.


Hierdie is die omslag van Amanda Strydom se nuutste album: Weerkaatsings-Refleksies, dis gebaseer op 'n foto wat ek van 'n gletsermeer geneem het.


Dis 'n reusagtige 'sandfly' (sandvlieg) voor teen die gebou. Aaklige goed wat hou van mensbloed.


Weet enigiemand dalk wat hierdie groeisel is? Dit maak my amper bang. Kom voor aan Nieu-Seeland se weskus.

1 comment:

Anonymous said...

Hi
Die kind klink baie sweet. Ek's nog in Londen en dis bibberend koud. Verlede week was dit 1 grade toe ek hier aangekom het en ek het in die koue die stad verken. 'n Eekhoring het in Hyde Park teen my ben opgehardloop... Die goed is psycho. Aice het my gewaarsku ten die 'kinders' hier...As 'n par outjies van so 16 van voor af aankom dan moet of die pad oorsteek of jou glad mak teen die muur. Ek geniet my kuier en hou baie van die stad. Ek skryf later weer.